Polisieman in hof oor seuns se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Bellville in Kaapstad wat daarvan verdink word dat hy twee 14-jarige seuns verkrag het, het Vrydag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê die saak is tot 11 Julie uitgestel vir verdere ondersoek, en om die beampte geleentheid te bied om ʼn prokureur aan te stel. Hy sal na verwagting ook dan amptelik aansoek doen om borgtog.

Die 40-jarige man is ná sy hofverskyning na die Pollsmoor-gevangenis oorgeplaas. Sy naam mag nie bekendgemaak word voordat hy gepleit het nie.

Hy is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo die seuns oor ‘n tydperk van vier jaar seksueel misbruik het.

“Opod het op 20 Junie 2014 bewus geword van die saak en dit begin ondersoek. Die polisiebeampte is op 2 Julie in hegtenis geneem nadat hy glo van sy kollegas met die dood gedreig het,” het Langa gesê.

Die beampte is na sy inhegtenisneming na die Kraaifontein-polisiestasie geneem waar hy na bewering probeer selfmoord pleeg het deur sy polse te sny. Langa het gesê hy is na ‘n plaaslike kliniek gehaas vir behandeling voordat hy weer na die polisiestasie teruggeneem is.

Die polisiebeampte het die seuns glo in die polisiestasie se badkamer verkrag. “Daar is ook bewerings dat die verdagte die seuns gedwing het om pornografiese video’s by sy huis te kyk. Hy het die slagoffers glo na die tyd tussen R50 en R200 gegee.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.