Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van Marlien Erasmus, in haar 20’s, Donderdag in ʼn veld in Pretoria gevind is.
Kapt. Thomas Mufamadi, polisiewoordvoerder, het Vrydagmiddag aan Maroela Media gesê ʼn verbyganger het op haar liggaam, wat in ’n kombers toegedraai was, afgekom.
“Haar liggaam is omstreeks 10:00 in die veld langs Freddie Berghstraat in Danville gevind,” het Mufamadi gesê.
Mufamadi het gesê ʼn nadoodse ondersoek gaan gedoen word om te bepaal hoe sy vermoor is.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Dit is nie bekend hoe lank haar liggaam daar gelê het nie.
Erasmus woon in Booysens, in die weste van Pretoria, en is die ma van twee dogtertjies.
Wanneer gaan dit ophou? Moet ons die weermag gebruik om ons paaie, voorstede en stede te patroleer?
Christa, dit lyk my die weermag word eerder buitelands ingespan. Terloops, wat is oor van ons eens trotse weermag?
Wat ookal die omstandighede van die ma se dood, dit is uiters hartseer en onnodig.
Die was bekende mense wat haar vermoor het. Die opportunistiese moordenaar maak nie die lyk toe nie en vervoer dit ook nie.
Christa, jy’t vergeet watter kleur is die weernag.
Sjoe dis so tragies haar arme kinders en familie
Hier is n slang in die gras…
Met al die geweld, moord en misdaad in ons land dink ek daar is meer as net ‘n slang in die gras; die duiwel is los. Mense se respek vir wet, orde en verdraagsaamheid kwyn weg en kom selfs op interpersoonlike vlak toenemend na vore. Die eerste reaksie waartoe baie mense hulle wend is fisiese aggressiewe optrede, wat met hierdie moord die geval was. Ek vertrou daar sal altyd mense wees, al is dit net ‘n klein groepie, wat ‘n positiewe geloof in ons mooi land en sy mense se toekoms sal uitleef. Ons mag nie heeltemal tou opgooi nie.
Het hulle ooit nuwe nuus oor die storie?
hoekom is daar nog nie ‘n opvolg artikel gedoen nie?? wat het met haar gebeur/ wat was die oorsaak van haar dood? Die nadoodse ondersoek is mos alankal verby???