Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel

Over de Voor-manskoshuis Foto: nwu.ac.za

Over de Voor-manskoshuis Foto: nwu.ac.za

Die ondersoek na drie koshuise se huiskomitees oor hul beweerde betrokkenheid by onbehoorlike praktyke op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, is afgehandel.

“Altesaam 18 van die 27 huiskomiteelede van Over de Voor- en Ratau-manskoshuise asook Karlien-dameskoshuis wat aanvanklik as moontlike skuldiges uitgewys is, het die afgelope week deur middel van pleitooreenkomste skuld beken aan ontgroeningspraktyke wat teen die Universiteit se beleid is,” het die universiteit Maandag in ‘n verklaring gesê. “Die betrokke HK-lede behou hul HK-status en kon reeds na hul koshuise terugkeer, maar verbeur ‘n deel van hul honorarium en is opgeskorte vonnisse opgelê.”

Volgens die universiteit is die aanklagte aan die nege oorblywende HK-lede gekommunikeer en die Universiteit se normale dissiplinêre prosedure sal nou volg.

“Die kampusbestuur wil dit weer beklemtoon dat geen toleransie bestaan vir enige vorm van ontgroening, wanpraktyke of menseregtevergrype nie,” het die universiteit gesê.

Lees ook:
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

emile ·

Voor voor Over de Voor! Enigste manskoshuis op die PUK.

Hoop julle kry baie Karnaval/Jool punte met die nasionale publisiteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.