Puk ondersoek voorval met eerstejaars en personeellid

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het met ’n ondersoek na beweerde wangedrag deur lede van die Hombré-manskoshuis begin na ’n voorval waarby eerstejaarstudente Woensdag betrokke was.

Die ondersoek hou verband met ’n beweerde onderonsie met ’n senior personeellid van die Institusionele Kantoor op die Potchefstroomkampus waarby eerstejaars glo betrokke was.

Die beweerde voorval het omstreeks 07:30 voor die Institusionele Kantoor plaasgevind toe die 53-jarige personeellid probeer het om tussen die groep studente deur te beweeg. Hulle het na bewering probeer keer dat hy tussen hulle deurloop, en in die proses het hy ʼn rugbesering opgedoen. Lede van die huiskomitee was teenwoordig ten tyde van die voorval.

Na verneem word het die personeellid rugprobleme en is hy ten tyde van die voorval rondgestamp wat die besering veroorsaak het.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê die ondersoek is reeds in ʼn gevorderde stadium en sal na verwagting binnekort gefinaliseer word nadat alle verklarings bekom en videomateriaal bestudeer is. “Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal ʼn besluit geneem word oor dissiplinêre optrede teen lede van die huiskomitee sowel as eerstejaars in die groep,” het Jacobs gesê.

Die Raad van die NWU sowel as die bestuur onder leiding van die visekanselier, prof. Dan Kgwadi, het by verskeie geleenthede hul standpunt herhaal dat geen menseregteskendings by die universiteit geduld sal word nie. Dit is ook duidelik gestel dat geen praktyke of tradisies toegelaat sal word wat konflik kan veroorsaak of aanstoot kan gee nie.

Die NWU het gesê hy het sedert 2014 sy menseregteopleiding vir studente verskerp en streng reëls neergelê wat gevolg moet word tydens die registrasie- en oriënteringsprogram van eerstejaarstudente.

Kgwadi het gesê die NWU beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en sou daar gevind word dat daar ’n oortreding was, sal daar streng opgetree word om die erns van die NWU te toon wanneer sake van hierdie aard hanteer word.

Schalk Burger, primarius van die koshuis, het gesê niemand van die studente kan of mag iets sê nie. Hy het navrae na die universiteitswoordvoerder verwys. Monica van Schalkwyk, SR-voorsitter, was ook nie bereid om kommentaar te lewer nie.

AfriForum Jeug het by monde van Henk Maree, voorsitter, gesê die organisasie neem kennis van die voorval. Dié organisasie meen aanduidings is dat dit heeltemal ’n geïsoleerde geval is wat nie buite verband geruk moet word nie. “Dit is belangrik dat die voorval volledig ondersoek word en dat die persepsie nie by die ouergemeenskap van studente geskep moet word dat hul kinders by onaanvaarbare ontgroeningspraktyke betrokke is nie,” het Maree verduidelik.

Hy het gesê die studenteraad van die NWU-Puk het ’n uiters suksesvolle program met geweldige positiewe terugvoer. “Indien die klein groepie hulself skuldig gemaak het aan enige oortreding moet daar teen hul opgetree word, maar die res van die studente kan nie gestraf word vir hul dade nie,” het hy bygevoeg. “AfriForum Jeug ondersteun geen vorm van geweld of menseregteskendings nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Thys Human, Pretoria ·

Kan ons asseblief nou al die “kleur” van die betrokkenes verneem. Was die enkeling wat beseer is van een kleur en die ander van ‘n ander kleur – of dalk andersom!

Neptunus ·

Wat is jou punt? Wat as die kleur van die partye dieselfde is, soos die knape by Waterkloof en die onderwysers destyds? Die saak het in die grondwethof gaan draai.

Thys Human, Pretoria ·

Punt is kleur speel dikwels ‘n rol – eintlik gewoonlik! En kleur is die afgelope jaar ‘n belangrike punt op NWU. Wat is eintlik jou punt? Is jy nog een van die “kleurblindes” wat eintlik heeltemal blind is vir wat in die land aangaan?

Willem Smith ·

Almal is blankes, maar ek vermoed die prof se senior verbintenisse blyk verdag te wees!

Bruno Stef ·

Ek kan myself net voorstel wat gebeur het tydens die voorval.Dit is maklik om van so n insident van n molshoop n berg te maak en dan n rugbesering in te gooi om die situasie te probeer vererger.My klein dogter is self ingeskryf as n eerstejaar en het gister vir ons n SMS gestuur dat sy baie besig is met die orientering en dit baie geniet. Daar is mense wat alles in hulle vermoe sal doen om dit te verongeluk en hulle sit ongellukig tussen ons en praat Afrikaans.

Henry ·

Bruno jy sê:

“Ek kan myself net voorstel wat gebeur het tydens die voorval…”

Wil jy nie vertel wat jy jouself voorstel nie, want ek kan werklik nie begryp waarom die gebeurtenis soveel aandag behoort te geniet nie. Om nie eers te praat van al die geheimsinnige stilswyes nie…

Willem Smith ·

My ma het my geleer om nie tussen mense deur te loop nie, maar eerder om ‘n groep te loop. Die prof mag dalk ‘n senior navorser wees maar van etiket weet hy niks. Dis blyk duidelik te wees dat provokasie en intimidasie die verskuilde agenda mag wees. ‘n Vraag aan prof. Dan Kgwadi: Is dit in orde om EEN mens se mense regte te beskerm (omdat hy ‘n senior amptenaar is), maar daardeur honderde andere se mense se menseregte te skend, omdat hulle studente is. Proffies, julle is daar omdat die studente julle daar hou…word wakker en bou verhoudinge eerder as om dit af te breek!!!!

Anoniem ·

Ek sou eerder sê etiket moet wees dat studente voorkeur gee aan ‘n senior prof op kampus, of hoe? Ek is ‘n oud puk student en ek ken toevallig die prof en sommige van die betrokke Hombré HK-lede, en albei partye is mense wat goedgesind teenoor hul medemens optree. Hierdie was bloot ‘n frats ongeluk wat die media nou handuit ruk. So Willempie, tensy jy nie ‘n ooggetuie was nie dink ek jy moet jou mond hou

Henko Pienaar ·

Hierdie situasie word heeltemal hand uit geruk. Dit is die senior personeel lid se eie skuld hy het seer gekry. Waarom moes hy DEUR die studente loop en nie OM hulle loop nie of wag totdat hulle verby is nie? Hy is ‘n senior personeel lid so hy is veronderstel om sy commen sense te gebruik en hy moes geweet het geen eerstejaar wat sy sout werd is sal toelaat dat hulle lyne gebreek word nie. Selfs al verwyder hulle al die tradisies is daar nog steeds iets soos koshuis trots. Ek se nie wat die eerstejaars gedoen het is reg nie, wat ek se is die personeel lid en die useless PUK bestuur kon dit beter handteer het. Ek sal nie verbaas wees as die personeel lid vir moeilikheid gaan soek het omdat hy sy mes in het vir Hombre oor ‘n vorige insedent of iets nie. Sterkte met dit Hombre maar ekt ‘n gevoel met die useless PUK bestuur gaan julle aan die korste ent trek. #TrotsePUK #Eenmal’nPUKaltyd’nPUK

Villagers 1!!! ·

Eks n TROTSE inwoner van die Villagers manskoshuis.. ek stem glad nie saam met dit wat u se nie. Sover ek weet geld die reels vir ALMAL insluitend Hombre koshuis. Daar mag nie in n vorm van n blok formaat gestap word nie. Dit word blykbaar beskou asof hulle hitler salueer of so iets.. en die koshuis trots waarvan u praat is snert. Koshuis trots gaan ook oor om n ouer persoon wat veronderstel is om deur n jongeling gerespekteer te word te respekteer. En om trots te wees as jy jou koshuis lied en krete sing en om deel te wees van jou koshuis aktiwiteite ens ens.. nie om n tipiese eenvoudige persoon soos wat ons almal is uit die aarde uit te stamp nie daars n breë helder lyn tussen koshuis trots en disrespek en dis een van die dinge wat die Hk van hombre veronderstel is om hulle 1ste jaars te geleer het of sal ek eerder se te vra en te smeek om respek te toon vir ouer mense inteen deel ek dink die Hk was ook verkeerd want hulle moes kyk laat die seuns nie in daardie formaat loop nie. Hoekom moet die ander koshuise die reels volg maar net hombre kan maak soos hulle smaak ..Die grootste funksie van n koshuis is om respek te toon vir ouer mense en as daardie persoon wat die ouer persoon gestamp het die “koshuis trots” het dan sal hy uit kom en se dit was hy. Ek kan u waarborg as daardie persoon dit met my gedoen het sou ek hom taai klap gegee het ongeag wie of wat hy is. En net n ander punt ook. So ver ek weet is al die senior personeel lede bewus van reels so ek dink nie daardie persoon wat deur die seuns wou stap het dit opsetlik gedoen om n bakleiery uit te lok nie. En as die puk n useless bestuur het hoekom is ons dan die beste universiteit in die land? En gee my n eerlike antwoord as u in daardie persoon se skoene was wat sou u gedoen het? #TrotseVillager ALTYD n VILLAGER!

Willem Smith ·

Jongman, jy is op die kampus en salig onbewus van die feite van die saak. Jy skiet van die heup af en hoop jy gaan die teiken tref. Hierdie skoot was is die donker en dit was mis!!!

Willem Smith ·

Henko, ek dink ons moet vir die prof dalk maar Emsie Schoeman se boek oor etiket en goeie maniere laat kry. Hy mag dalk ‘n goeie navorser wees, maar sy ma het hom nie geleer om om ‘n groep te loop nie. Die prof se optrede blyk duidelik provokerende gedrag te wees. En jy is reg…Hombre gaan 2e kom…dis ‘n leeu-teen-‘n-bokkie geveg. Veral as Dan Kgwadi “zero tolerance” aankondig vir ‘n saak wat sub judice is!!! HOMBRE, HOU JULLE KOPPE HOOG!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.