Puk-ondersoekspan bekend gemaak

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Die name van die onafhanklike vyfpersoonspan wat ondersoek moet instel oor die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram van eerstejaarstudente op al drie kampusse van die Noordwes-Universiteit is Donderdag bekend gemaak.

Die raad van die universiteit het op 5 Maart 2014 ‘n buitengewone vergadering gehou oor die stappe wat by die universiteit gedoen moet word ná onlangse berigte in die dagblad Beeld oor ‘n sogenaamde “Nazi-groet” en ander inisiasiepraktyke by die universiteit.

Die span sal bestaan uit:
• Dr. Leon Wessels (voorsitter), bekende Suid-Afrikaanse regsgeleerde en politikus, ondervoorsitter van die Grondwetlike Vergadering en lid van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie;
• Dr. Somadoda Fikeni, hoog aangeskrewe akademikus, gemeenskapsontwikkelingsaktivis en politieke ontleder, en
• Me Rhoda Kadalie, voormalige lid van die SA Menseregtekommissie, stigter van die Geslagsgelykheidseenheid, Uitvoerende Direkteur van Impumelelo Innovations Award Trust en vroueregteaktivis;
• Adv. Rehana Rawat, ʼn advokaat van die Hoë Hof, kundige op die gebied van menseregte, arbeidsreg en arbitrasie en voorsitter van die NWU se Menseregtekomitee; en
• Dr. Bismark Tyobeka, toonaangewende kernkragkundige en Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Kernreguleerder van SA. As alumnus van die Mafikengkampus het hy in 2013 ʼn alumni-toekenning ontvang.

“Die ondersoekspan sal na verwagting binnekort met hul taak begin en moet volgens die tydsraamwerk soos vasgestel deur dr. Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en opleiding, teen 22 Mei 2014 aan die Raad (of die Uitvoerende Komitee van die Raad) terugrapporteer,” het Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, in ‘n verklaring gesê. “Die uittredende visekanselier, dr Theuns Eloff, het op 7 Maart ook ʼn sterk bewoorde direktief aan alle personeel en studente uitgereik. Hy het dit weer op rekord gestel dat enige vorm van ontgroening of ontgroeningspraktyke by enige van die NWU se drie kampusse streng verbode is.”

Volgens Jacobs het Eloff herhaal dat geen skending van menseregte by die NWU geduld sal word nie en dat dit deel is van die verantwoordelikheid van alle betrokke lynbestuurders, personeel, huisouers en verteenwoordigende studenteliggame om sodanige praktyke te voorkom en/of aan te meld.

“Intussen het die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) ook hul samewerking belowe met die skep van ʼn belynde ontvangs- en bekendstellingsprogram wat daarop gemik is om ʼn gesonde en verwelkomende studentekultuur op al drie kampusse te vestig, wat sal lei tot ʼn aktiewe en lewenskragtige studentelewe,” het Jacobs bygevoeg.

Lees ook:
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

henk ·

Dieselfde Leon Wessels wat die nuwe grondwet onderhandel het? Dan se ek niks verder nie…

Jasper ·

Het hierdie mense niks beter om te doen ,as om hulle met hierdie bog op te hou nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.