Puk-studente begin eie veldtog

Skermskoot van die veldtog se Facebook-blad

Skermskoot van die veldtog se Facebook-blad

Studente aan die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het spontaan met ʼn #DankiePuk-veldtog begin na negatiewe beriggewing deur Beeld oor studenteaktiwiteit by dié kampus.

“Ons wou graag die bestuur van die Puk ondersteun,” het Marine Opperman, primaria by Vergeet-my-nie-dameskoshuis, aan Maroela Media gesê. “Ons wou as studente iets positief doen.”

Die studente het ook ʼn petisieblad opgestel waar hulle ʼn brief rig aan die Raad van die NWU, huidige bestuur van die NWU, prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die NWU en Blade Nzimande, minister van hoër onderwys.

“Studente vra van die NWU-Raad om vir ons regte standpunt in te neem en toe te sien dat gesonde tradisies, asook ons taalbeleid behoue bly. Ons vra ook van die Minister van Onderwys, Blade Nzimande, om behoorlike ondersoek in te stel met verwysing na ons studente kultuur voor veranderinge in plek gestel word,” lui die brief.

Die webwerf verklaar verder: “Ons beskou Beeld se onlangse beriggewing oor ons as ‘n wanvoorstelling van ons waardes en ons neem standpunt teen ongebalanseerde joernalistiek in.”

Opperman sê dit is vir hulle, as studente, belangrik om te verklaar dat hulle diversiteit en ʼn oop kultuur op die kampus nastreef. “Menseregte is vir ons baie belangrik, en dit word vervat in hierdie #DankiePuk-veldtog,” sê sy.

Marion Fouché, primarius van Villagers, sê sosiale media was vir hulle die logiese stap, omdat dit so ʼn groot platform bied (klik hier om die veldtog se Facebook-blad te besoek). “Geen politieke party of beweging of organisasie is hierby betrokke nie, dit is ʼn inisiatief van die studente,” het Fouché aan Maroela Media bevestig. Hy sê ʼn gedrukte weergawe van die petisie word ook op die kampus versprei.

Intussen het Solidariteit met ʼn #propuk-veldtog begin. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Woensdag ʼn ope brief aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media 24 gerig, weens ‘n vertrouensbreuk wat ontstaan het oor die manier waarop die koerant beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Puk hanteer het. Buys verklaar ʼn dispuut met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie. Klik hier om meer te lees.

Opperman en Fouché het altwee bevestig dat die studente nie by Solidariteit se #ProPuk-veldtog betrokke is nie, maar dat hulle nie noodwendig studente sou ontmoedig om dit te ondersteun nie.

Lees ook:
Solidariteit vs. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.