R699-skema se klasaksie-aansoek afgekeur

Argieffoto

Argieffoto

Die Oos-Kaapse hooggeregshof in Port Elizabeth het ʼn aansoek om ʼn klasaksie-sertifikaat in die R699-motorverkoopskema van die hand gewys.

“Die aansoek is met koste van die hand gewys,” het Duncan Heuer, ʼn prokureur wat die verbruikers verteenwoordig, Vrydag gesê. “Die hof het bevind dat die saak nie homself daartoe leen om deur middel van ʼn klasaksie vervolg te word nie. Verbruikers gaan gevolglik individueel met hul kredietverskaffers moet kommunikeer, ongeag of hulle regsverteenwoordiging het of nie.”

Heuer het egter aangedui sy firma, Pieterse Cary Finlaison, beplan om appèl aan te teken teen die kostebevel. “Ons respekteer die uitspraak, maar beplan om aansoek te doen om verlof tot appèl teen die kostebevel teen die firma.”

Heuer het namens ʼn groep van 550 gebruikers die hof genader om kontrakte tussen banke en motorkopers nietig te verklaar. Ongeveer 17 000 mense word glo geraak deur die R699-motorverkoopskema wat deur die Satinsky-groep bedryf is. Die maatskappy het onderneem om terugbetalings tot so min as R699 per maand te verminder indien die motoris maandeliks ʼn minimum-afstand met advertensieplakkers op die motor aflê. Die skema het in Julie in duie gestort en die banke eis nou volle terugbetalings. Meeste van die betrokke klante kan nie dié terugbetalings bekostig nie.

Lees ook:
Baas van R699-skema dagvaar klant oor laster
Hof hoor dringend oor R699-skema

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.