Rea Vaya-staking duur voort

rea-vaya.jpgDie Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) het Woensdag gesê die staking van Rea Vaya-busbestuurders in Johannesburg is nog nie opgelos nie.

“Die vakbond wag vir ʼn interdikaansoek om Donderdag in die arbeidshof voor te kom,” het Dion Makhura, streeksvoorsitter, gesê.

“Piotrans versoek ʼn dringende interdik teen die bestuurders om die staking onwettig te verklaar,” het Dumisani Mntambo, woordvoerder van Piotrans, Maandag gesê. Piotrans en Litsamaiso bestuur die bedrywighede van Rea Vaya-busse.

Mntambo sê Piotrans ag die staking as onwettig weens die aard van die werkers se eise. Hy het Woensdagoggend gesê die maatskappy sal met sy regspan vergader om ʼn reaksie deur die vakbond te bespreek.

Babu Maharaj, woordvoerder vir Litsamaiso, het bevestig dat die staking nog nie opgelos is nie. Hy sê die vakbond is nie tevrede met ʼn ooreenkoms wat opgestel is nie. -SAPA

Lees ook:
Busbestuurder aangerand wat glo wou werk
Vergadering bring dalk ‘n einde aan busstaking
JHB-busbestuurders staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.