Foto’s van vloede in Gauteng volg onderaan die berig.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê reënweer sal na verwagting oor die volgende sewe dae in sommige dele van die land voortduur.
“Dit word veroorsaak deur warm, vogtige tropiese lug van die noorde,” het Dransby Dulo, ʼn weervoorspeller by die Weerdiens, gesê. Gebiede wat die meeste hierdeur geraak gaan word sluit Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en die noordelike gedeelte van die Vrystaat in.
Dulo sê daar is Donderdag en Vrydag ʼn 80% kans vir donderstorms in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. “Dit kan moontlik tot vloede lei,” het Dulo gesê. Dié gebiede het ʼn 60% kans op donderstorms oor die naweek. “Die reënweer behoort binne die volgende sewe dae op te klaar.”
Nana Radebe, woordvoerder van Gautengse nooddienste, het Donderdagoggend gesê daar is deur die loop van die aand geen nuwe vloedverwante voorvalle in Johannesburg aangemeld nie.
Wayne Minnaar, hoof superintendent van die Johannesburgse metropolisie, het gesê watervlakke op paaie in Johannesburg het teen Donderdagoggend gesak en geen nuwe padoorstromings is aangemeld nie.
Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane nooddienste, het Donderdagoggend gesê die nooddienste bly op bystand in Tshwane tydens die reënweer. -SAPA
@ Maroelamedia:
Die meegaande foto by hierdie artikel het niks te doen met die huidige reën in Gauteng nie.
Dit is ‘n foto van ‘n geval wat in 2010 in Durban in Kwazulu Natal plaasgevind het.
http://blogs.timeslive.co.za/wheeldeal/2010/02/04/durban-pothole-swallows-vw-polo/
Dit doen afbreuk aan jul artikel, sit eerder die fotos op van hoe John Vorster Rylaan in Centurion gelyk het/lyk?
Dagsê Michele
Dankie dat jy ons daarop gewys het. Ons het die foto verander.
Groetnis
Suné van Heerden
Maroela Media
Ek reageer ivm die artikel oor die oorstromings in die Kuger Park. Ek wil neet weet waar kom die skrywer aan die naam Laer Sabie? Dit is alom bekend dat die snobs praat van Laer Sabie. Dit is ‘n direkte vertaling van die engelse naam, Lower Sabie. Asseblief, dit is Onder Sabie. Ja, dit maak saak dankie. Deur die jare het mense verskye name in die geskiedenis verkeerd uitgespreek, en dit het dan later die norm geword sodat baie oorspronklike plek name verkeerdelik verander het.
Die datum van die hooffoto by die opskrif is word as Maart 2013 gemeld. Is dit nie veronderstel om 2014 te wees nie?