Renate Barnard bedank uit polisie

Lt.kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Lt.kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Lt.kol. Renate Barnard het uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bedank.

Barnard sal die SAPD einde Junie verlaat om in die private sektor te gaan werk. Barnard het ‘n bekende gesig geword nadat sy en die vakbond Solidariteit die polisie hof toe gesleep het oor sy weiering om haar te bevorder weens haar velkleur. Die konstitusionele hof het in Maart Barnard se saak aangehoor en uitspraak is voorbehou.

“Haar bedanking uit die polisie het nie ‘n impak op die saak nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Sy het die afgelope paar maande al hoe meer ‘n botsing van waardestelsels tussen haar en die polisie ervaar.”

“Sy glo sterk dat sy veg vir wat reg is in ‘n grondwetlike Suid-Afrika maar die voortgesette pogings deur die polisie om haar aksies in die hof teen te staan is baie teleurstellend vir haar.” Hermann sê hy hoop Barnard se bedanking sal tot gevolg hê dat die polisie reflekteer oor sy aksies.

“As iemand soos Renate, wat passievol is oor die polisie, bedank is dit ‘n boodskap dat daar iets fout is in die polisie. Namens die mense van Suid-Afrika wil ek sê die polisie behoort baie teleurgesteld te wees oor haar bedanking aangesien die publiek ‘n baie lojale en passievolle polisiebeampte verloor het.”

“Ek dink sy het baie gedoen om Suid-Afrikaners te inspireer om te veg vir wat hulle glo reg is. Hierdie is ‘n nege jaar lange hofstryd wat tot haar bedanking gelei het en dit is bitter jammer.”

Barnard se saak is eers in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor en die hof het in haar en Solidariteit se guns beslis. Die polisie het geappelleer en die arbeidsappèlhof het in hulle guns beslis. Solidariteit het hierna appèl aangeteken en die saak is na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein verwys. Dié hof het weer in Solidariteit se guns beslis. Die polisie het die saak hierna die konstitusionele hof verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ria Maritz ·

Een van min SAPD lede wat die land met ‘n passie gedien het.

Voorspoed met die nuwe loopbaan.

david ras ·

So, die Staat kry maar uiteindelik sy sin. Na al die gevegte bedank Renate, en Solidariteit het uiteindelik sy tyd gemors. Dit bring my weereens by die vraag wat ek reeds sedert 1994 herhaaldelik in koerantskrywes gevra het—-die klousule wat regstellende aksie wettig verskyn reeds in die onderhandelde grondwet, ook bekend as die interim grondwet -hoofstuk 3 REGTE) artikel 3(A).
My standpunt is eenvoudig—die De Klerk regering het in sy oortuigingsveldtog om ‘n JA-stem te kry vir onderhandelinge met die ANC, letterlik sy kiesers die maan en sterre beloof in ruil vir ‘n ja-stem. Hulle het nooit , ooit enige melding gemaak van’n klousule wat op ekonomiese selfmoord sou neerkom nie. De Klerk het volgens latere inligting herhaaldelik geweier om sy belofte dat hy weer na sy kiesers sou terug voor die finale skikking, gestand te doen.
Die vraag onstaan nou hoeveel kiesers wel ja sou gestem het wetende van so ‘n klousule.? Sou daar dus ‘n skikking kon wees?
Eienaardig genoeg, die destydse redakteur van Rapport , Izak de VILLIERS , trek sterk te velde teen Regstellende aksie in sy redaksionele kommentaar van 3 Julie 1994. .Vraag hoekom eers NA 27 April 1994 ? Hoe is dit moontlik dat n Naspers redakteur van Rapport toe eers bewus geraak het van die implikasies van die stelsel ?
In sy boek PW BOTHA -the last betrayal-skryf Dr. Eschel Rhoodie dat dit voorspelbaar is dat in ‘n post-apartheid samelewing , onder ‘n swart regering regstellende aksie, kwota stelsel sal wees.
Hy eindig die paragraaf met die woorde “whites will now be the victims”.
Hoe is dit moontlik dat tussen 103 NP en 34 DP volksraadslede niemand die implikasies van hiedie klousule kon sien nie ?
Dit is waar ek meen dat Solidariteit besig is om die veldslae te wen, maar die oorlog verloor. In plaas van individuele gevegte, sleep die Grondwet hof toe met die vraag :het die De klerk regering ‘n mandaat gehad om tot hierdie klousule in te stem. ?

Kobus ·

Die De Klerk regering het geen mandaad gehad om vir ‘n bestel van een-man-een-stem te onderhandel nie. Dit was ‘n onwettige aksie van hoogverraad. Dit was eintlik die plig van die generale staf van die SAW om die De Klerk kabinet te arresteer en die orde te herstel. Dit is nie gedoen nie.

Shannon ·

RE :
” hoeveel kiesers .. ja sou gestem het wetende van so ‘n klousule.?”
Jou antwoord lê in jou ander stelling :
“Hoe is dit moontlik dat tussen 103 NP en 34 DP volksraadslede niemand die implikasies van hierdie klousule kon sien nie ?”

Die volksraad was reflekterend van die blanke bevolking van die tyd – dit is nou : in terme van hul denke en gevolglike gedrag. Gedryf deur `n skuld kompleks en `n onstuitbare drang na gewildheid.

Ek sou die vraag anders stel :
‘Indien die hele referendum van ’92 vandag herhaal word, hoeveel kiesers sou nog steeds ja stem ?’
En die antwoord gaan jou nog meer verstom – minder as in ’92 maar nog steeds meer as wat sou NEE stem.

Die fout lê nie by die beroeps politici nie, dit is en bly die fout van die ten volle bewuste blanke kieser. En die rede vir daardie fout strek terug vir meer as `n honderd jaar.

Wynand Breytenbach ·

Renate dis baie slegte nuus dat jy jou Loopbaan wat jou passie is moet verlaat agv rassisme. Mag God jou bo jou verwagtinge seën in jou nuwe Loopbaan en mag jy altyd Sy nabyheid ervaar. Tonne liefde XXX…

George Robson ·

Al sou dit blyk of die staat sy sin kry is dit veel belangriker om te besef dat hierdie dame die staat, wat sy onvoorwaardelik wou dien, nie langer waardig ag om te verryk met haar integriteit nie – Hulle verlies.

david ras ·

Shannon–jy is waarskynlik reg in jou mening dat die meerderheid vandag nog steeds ja sou stem. Wat ek destyds vreemd gevind het was die stilswye van die Naspers koerante VOOR die parlement oor die interim konstitusie sou stem. Dit was bykans standaard prosedure dat die onderskeie redakteurs van hierdie koerantgroep gewoonik vooraf ingelig word oor belangrike voorgestelde wetgewing.
Waarom sou Rapport se Redakteur dan ‘n skrale 2 maande na die bewindsoorname (27 April 1994) skielik te velde trek teen hierdie wetgewing ? Het hy dan nie vooraf insae gehad nie ?
Ek het versuim om te meld dat die boek van Eschel Rhoodie waarna ek verwys het reeds in 1989 verskyn het–3 jaar VOOR die De Klerk referendum.
As Rhoodie die gevaar in so-iets sou raaksien, hoe dom was die klomp NP’s en DP’s dan nie. Die 41 KP’s het uitgestap in protes teen die wetgewing. Was die ander dan werklik so dom ?Ek vind dit moeilik om te glo dat 137 LV’s saam so kortsigtig kon wees
Dit is alles water onder die brug deur. My standpunt bly nog steeds dat die Nasionale Party nie die nodige mandaat gehad het om tot so ‘n klousule in te stem tydens die onderhandelinge nie. Hierdie klousule is na my mening onwettig in die grondwet geskryf, en het geen regsgeldigheid nie.

Wat jou stelling betref ooor die fout van die ten volle bewuste kieser wat ‘n honderd jaar terug strek—-versuidelik asseblief Wat het ‘n honderd jaar gelede gebeur ?

.

AmY ·

Sy het ‘n passie vir haar werk gehad, maar dit is nie raakgesien nie. Hulle het net haar velkleur gesien. Dis al.

Renate, baie sterkte vir die toekoms. Ek glo jy gaan nog baie hoë hoogtes bereik.

Lindie ·

Dit is so jammer om te hoor maaar ek is so bly sy kan van nou af lewe ek is ook n LKol in die polisie die enigste verskil is, ek is n stasiebevelvoerder in n swart gebied vir die afgelope 7 jr en het ook geen blanke personeel nie, maar helaas ek het genoeg gehad maar kan nie nou loop nie ek het reeds 30jr diens. Dis so moeilik vir my om te erken ek is besig om my passie te verloor vir dit wat my roeping en alles was. Omstandighede word vir ons so moeilik gemaak dat dit wil voorkom asof hulle doelbewus van ons ontslae wil raak , my geloof hou my staande.

Theresa ·

Ek wens haar voorspoed toe. Dis jammer oor die bedanking want nou speel sy weer so reg in hulle kraal. Net wat hulle voor gewag het…………..

AmY ·

Dit sal nogal ‘cool’ wees as sy nou haar kennis uit die land uit vat. Dan gee sy die SAPS lekker bloedneus.

Oor so ‘n paar jaar sal hulle haar dalk met allerhande beloftes teruglok.

Maar nou gaan sy Private Sektor toe. Al daai kennis is verlore. Ek glo sy kon ‘n reuse verskil in die polisie gemaak het.

Maar weereens Renate, alles van die beste vir die toekoms.

Fanie van Vuuren ·

Dit is voorwaar baie hartseer om te hoor dat Renate bedank het, maar ek salueer haar dat sy so lank geveg het vir geregtigheid. Min mense doen dit deesdae.
Ek stem saam met David Ras. Elkeen wat “ja” gestem het in die referendum het “ja” gestem om die land verniet weg te gee met verreikende gevolge. Ek was in die wageenheid en het ons geagte ministers opgepas en ek moet sê dat die uwe de Klerk seker die mislikste mens was wat ek al ontmoet het.
Het absoluut niks gehou daarvan om by sy huis diens te gedoen het nie en ek wou vir die volk geskree het toe ek in my jeugdige ouderdom (wat absoluut niks van politiek geweet het nie) om nie “ja” te stem nie. Ek het net geweet dat dit nie die regte ding was vir SA nie. En nou weet ek hoekom.
Sterkte Renate, jy bly ‘n held.

Madeline ·

So jammer om te sien dat Renate die polisiediens verlaat. Maar so gaan dit in SA. Iemand wat dit nie verdien nie sal eerder bevordering kry. So deksels onregverdig. Sterkte Renate ek weet jy gaan iewers heen gaan waar jy ten minste erkenning sal kry vir jou werk.

pieter ·

Die wette van Suid Afrika maak dit moeilik vir ons werkersklas om te baklei en geld te verloor in die howe die staat worry nie dis belasting geld wat hulle alle sake appeleer en dan wat gebeur niks.Ek stem saamet NUMSA daar kort n Werkers Party Viva vir die werkers party viva. As renate politieke verbindtenis gehad het met hoe profile sal sy die promosie gekry het maar sy was maar aan die verkeerde kant sterkte min van julle in die Land bly aan kennis verlaat a.g.v regstellende aksie. Ai…………

pieter ·

Die wette van Suid Afrika maak dit moeilik vir ons werkersklas om te baklei en geld te verloor in die howe die staat worry nie dis belasting geld wat hulle alle sake appeleer en dan wat gebeur niks.Ek stem saamet NUMSA daar kort n Werkers Party Viva vir die werkers party viva. As renate politieke verbindtenis gehad het met hoe profile sal sy die promosie gekry het maar sy was maar aan die verkeerde kant sterkte min van julle in die Land bly aan wat die kennis het en verlaat a.g.v regstellende aksie. Ai…………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.