Rooftog by Centurion Mall

Foto: @kelstamza op Twitter.

Foto: @kelstamza op Twitter.

Die iStore-winkel in Centurion Mall in Gauteng is Vrydag van meer as R1 miljoen se goedere beroof.

Lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, sê vier mans het hulself Vrydagoggend as klante voorgedoen.

Hy sê die mans het daarna die winkelbestuurder met ʼn vuurwapen aangehou en meer as R1 miljoen se iPhone-fone, skootrekenaars en tablette gebuit.

Magoai sê die mans het met drie motors, ʼn wit Opel Corsa, ʼn swart Audi A4 en ʼn silwer Mazda van die toneel gevlug.

Volgens Magoai het ʼn veiligheidswag by die sentrum die mans agterna probeer sit voor hulle op hom losgebrand het. Hy is egter nie beseer nie.

Magoai sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is die derde iStore-winkel wat die afgelope twee weke in Gauteng beroof is.‏ Die iStore in die Cresta-winkelsentrum is op 13 Augustus beroof en die iStore in die Glen-winkelsentrum is die volgende dag beroof.

Magoai sê die polisie probeer vasstel of die rooftogte aan mekaar verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

James Raubenheimer ·

Let’s think about this…. Third I phone store robbed in two weeks. I’m gonna save the SAPS some investigation time. THEY ARE LINKED. Track the phones and see where they go. Don’t just go for the arrest. See who is buying these stolen goods. Then bust everyone all at once. It probably is a few Pawn Shops. You bust them, the thieves don’t have a market to sell to anymore. You could also apply the same to vehicle theft.

alet ·

Goed opgelei waar kry hulle hulle opleiding iewers is n slang in die gras se maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.