Rowers skiet ma, suster voor seun

geweerʼn 14-jarige seun van Primrose, Germiston is wees gelaat nadat rowers tydens ʼn vermeende gewapende rooftog sy ma en ouer suster voor hom geskiet het.

Carol Pretorius (54), dogter Erika (26), en die tienerseun het Dinsdagaand omstreeks 20:15 in die oprit by Erika se huis stilgehou. Die seun het uit die motor geklim om die hek oop te maak toe hy ʼn verdagte voertuig met vier insittendes verby sien ry het.

“Hy het gesien hoe die verdagte motor omdraai en terugry na hulle toe, en het dadelik onraad vermoed,” het Faan Pretorius, Carol se broer, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Hy het dadelik vir sy ma geskree om hulleself in die motor toe te sluit.”

Twee gewapende mans het uit die voertuig gespring en Carol en Erika in hul koppe geskiet terwyl hulle nog in die motor gesit het. Hulle het glo slegs ʼn selfoon gegryp.

Erika se bejaarde buurman het die skote gehoor en gaan ondersoek instel. Die aanvallers het hom in die bors geskiet en in hul eie voertuig gevlug.

Carol is ná die aanval met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem. Sy het daar aan haar beserings beswyk. Erika en die buurman is met ambulanse na die hospitaal geneem.

“Erika se toestand is steeds kritiek. Sy lê nog in die ongevalle-eenheid van die hospitaal en het bloeding op die brein. Hulle het haar nog nie na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas nie, want daar is glo nie ʼn bed beskikbaar nie,” het Faan bygevoeg. “Sy het ʼn driejarige seuntjie wat tans deur die familie versorg word. Ek en my broer is nou hier en gaan probeer om haar so gou as moontlik na ʼn privaat hospitaal oor te plaas sodat sy beter behandeling kan ontvang.”

Volgens die polisie is die buurman se toestand stabiel.

Faan het gesê die seun is erg getraumatiseer en baie stil. “Sy pa is ʼn jaar gelede aan ʼn siekte dood, en nou sy ma ook. Ons het gereël dat hy berading ontvang,” het hy bygevoeg.

Carol was ʼn geliefde kleuterskoolonderwyseres in die voorstad. Haar begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Ao. André de Jager, polisiewoordvoerder, het die skietery aan Maroela Media bevestig. “Ons vermoed in die stadium dat dit ʼn gewapende rooftog was. Die ondersoek is egter nog in sy vroeë stadium en inligting is steeds skaars.”

Hy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Riaan Engelbrecht ·

Hoekom word daar nie nou vir hierdie moord ook ‘n beloning van R250 000 uitgeloof om hierdie Moeder se moordenaars vas te trek nie?

Ina ·

So Waar ag Vader wees saam met hierdie 14 jarige Seun hou hom styf in U liefde vas Ons hou julle as familie en vriende in ons gebede.

Ina ·

So Waar ag Vader wees saam met hierdie 14 jarige Seun hou hom styf in U liefde vas Ons hou julle as familie en vriende in ons gebede.

Mariana Fritz ·

Die kind kan seker die motor en die varke identifiseer? Ek bid hierdie swart varke word gou vas getrek. Die groot probleem is dat die varke so maklik deur ons grense kan kom.

Riaan ·

GEWAPENDE ROOF???? En net ‘n selfoon is gesteel? Dit was moord!!! V O L K S M O O R D

Iris ·

So waar Riaan. Waar is die grootkoppe nou? Als dood stil en daai arme kindertjies. Sjoe waar gaan ons land heen. Ek is so spraakloos en deurmekaar. Ek dink baie aan ons kinders wat altyd agter moet bly wat se ouers deur sulke barbare dood gemaak word. Mag God met die kinders wees.

Paul ·

Die ergste is dat hulle deur maaksels van die Regerende party so geskiet en vermink word en dan nie eers ordentlike mediese behandeling kan kry nie. Die beseerdes behoort na die beste hospitaal geneem te word en die rekening moet aan die Regering gestuur word. Uitvaagsels.

Drieks ·

Vra ek ook. Kan die geleerdes ons sé, hoekom kan ons nie van die regering eis nie ?????

Anoniem ·

Ek is jammer maar as jy nie bekend is nie word daar nie veel gedoen nie. Wonder of die staat ‘n
gedeelte van die begrafnis gaan betaal.
My innige medelye met seun en familie. Mag die Here julle deur die moeilike tyd dra en vrede gee.

anet ·

Die gewetenlose barbare!. Hulle is almal glad met die vinnger op die sneller, lafhartige skuim.

Hoe verdedig jy jouself teenoor wreedaards op jou eie voorstoep ??? Ek wonder hoe sal hierdie moordenaars voel as ons hulle so begin doodskiet een na die ander?

Sterkte aan die Familie en Seun. Dit is ‘n baie hartseer tyd vir julle, ons dra julle in ons harte en Gebede

riaan ·

Nou wanneer word daar ook nou n R250 000 beloning aan gebied?…. O ja, sal nie gebeur nie. Hulle is wit en nie bekend nie!!

Grassie ·

Niemand sal my oortuig dat die motief in hierdie misdaad bloot roof was nie. Ek kan nie insien waarom gewapende rowers twee weerlose vrouens in hul koppe sal skiet om ‘n selfoon te roof nie. Ek glo dat hierdie tipe moorde aangevuur word word deur uitsprake en liedjies van hierdie barbare se politieke leiers dat blankes (boere) ge-“kill” moet word en ook dat witmense hul grond gesteel het. As daar nie ‘n selfoon byderhand was nie sou die dames in elk geval geskiet gewees het. Hulle het bloot die selfoon gevat omdat hulle, behalwe dat hulle moordenaars is, inherent ook diewe is.
Daar lê vir ons moeilike tye voor.

pop ·

Iewers is daar iets wat snaaks ruik. hoekom word ons witmense links en regs doodgemaak, en dan vat hulle net n selfoon of iets dergliks. Dis sodat ons moet dink dis net roof. Hierdie is elliminasie van die wittes. Hulle ry in duur motors en selfs die armstes het selfone, hoekom dan nou n selfoon steel.

Mags ·

As hulle n selfoon vat word dit gewapende roof met verswarende omstandighede. Anders is dit moord. Dus sal die straf baie swaarder wees.

Kellies ·

Mense Mense, dit help nie julle se of vra dat die regering iets aan die misdaad in die land doen nie, want hulle sal nie!!. Gaan sit bietjie en werk uit hoeveel Biljoene rande gaan na die regering se belasting koffers toe as gevolg van misdaad. Byvoorbeeld: almal wat veiligheids toestelle aanbring; sekuriteit maatskappye se dienste bekom vir gewapende reaksie; versekerings en individuele persone wat motors moet koop wat gesteel is. Gaan maar aan, die lys is lank. Stop misdaad en die koffers raak droog om leeg te steel.

Kys ·

Grassie, waarom dink jy het MANDELA geveg om die doodstraf AFGESKAF te kry? Hierdie is sy nalatenskap vir die Boere, my vriend.

Eugene Koen ·

Hierdie vrae is nou te laat. En R 250 000 gaan nie ‘n lewe terugbring nie. Toe die regte vrae voor die 1992 referendum gevra was toe is die monde gesnoer van die wat die vrae vra. Nou waar is die grootkoppe FW, PIK, Roelf, kortbroek met sy Africa National community soos hy dit nou gestel het. Waar is die lee beloftes, waar is die kommando’s ek hoor die resiviste kry ook nou die trekpas. Mmm???? Wat het die slap wettelose demokrasie vermag, wat het die ewe sleg liberaliste vermag? Chaos, niks meer, niks minder.

Patat ·

Ek wil sommer kots! Verskoon my taal. Gewapende roof, as nèt ‘n selfoon gesteel is!? Komaan man! Hoe klink dit?:
Vier mans skiet twee vrouens om selfoon te bekom.
Di’s mòòrd! Niks anders nie!! Die selfoon was sommer so terloops omdat dit beskikbaar was!

Anita ·

Vader, hou asb hierdie kind styf vas.

Sonder wreedheid en steel kan hierdie barbare nie bestaan nie.

My hart huil.

maggie ·

Of net hulp om haar in privaat hospitaal te behandel. My hart gaan uit na die seun/familie.

Soreta ·

Ek weet van iemand wat netna die voorval uitgegaan het om te help. Sy was amper ook betrokke dankie vir God se getroue hand. Dit wat gebeur het is onmenslik, en ja ek voel dit is nou tyd om op te staan teen al hierdie misdade. Geld kan gegee word vir allerhande nonsens, Staats begrafnis vir ‘n sokker speler, waar in jou lewe? Zuma moet nou wakker skrik, as hy nie doen gaan daar binnekort ‘n groot oorlog wees. Ek as Afrikaner en Suid Afrikaner is ook moeg vir die moord, roof, jy noem dit,

My hart huil vir die families en die kinders, so onnodig, DIT IS TYD MENSE DAT ONS OPSTAAN EN TERUG BAKLEI. ONS VIR JOU SUID AFRIKA!!!!!!!!!!!!!! HOU AAN MET SING STEVE!!!!!!!!!!!!!!!

Willie ·

As die buurman n wapen gehad en die vuilgoed doodgeskiet het – wat sou sy voorland wees ? Beslis n moordklag – en hy sou nie so ligtelik daarvan afkom soos Oscar nie …

Eddie Breedt ·

Wat se ons slapgat President Zuma nou? Seker niks want ons is mos nie van sy ras nie. Mense die land is gedoem die wat kan verlaat die land. Herken dit maar, dan net 2 mense wat opstaan vir die blankes die res mor net onderlangs, ons sal nie opstaan teen die goed wat ons so uitroei soos kakkerlakke nie.

Nina ·

Ek is in trane terwyl ek hier lees. Hierdie arme seun! Probeer nog waarsku… Liewe Here tog! Wanneer gaan dit STOP! 3 Kinders sonder ‘n ma…Mens wil nie meer elke berig lees nie….:'(

Esme ·

Ek bly in die omgewing en dit is ‘n mens se ergste nagmerrie wat skielik waar geword het. Jy kom tot die besef hoe kwesbaar jy is. Is dit miskien ‘n familielid of n vriend? En dan besef jy, dat hierdie tipe van dinge so gereeld soos daglig gebeur en nie eers meer hoofopskrifte haal nie.

Ons het in September gesukkel met water onderbrekings – was vir 7 dae sonder water…
Die dood van ‘n geliefde swaer agv onnatuurlike oorsake.

Ek was in die Charlotte Maxeke Hospitaal en kan net wonder hoekom die erg beseerdes en hoogs getraumatiseerde individue nie na die Milpark Hospitaal afgevoer is nie.
Die tweede skok in terme van die hospitaal mag veel erger as die eerste skok vir geliefdes wees.

Trudie Jonker ·

Ek stem saam die REGERING moet almal se mediese onkostes begin dek!!! Magtig so kan dit nie aangaan nie.

HEVW ·

Van vergadering tot vergadering het die politisie die volk belieg. Baie is gewaarsku maar nee. WAAR HET JULLE GESTEM??????????????????????????

Lorraine Groothuijzen ·

Hoe sukkel ek om nie ‘n kras woord te gebruik nie. Hoe lank moet ons nog gebuk gaan onder hierdie moorde. Om hulle te belaster, uit te skel en met haat te bejeen gaan niks help nie. Al die probleme le voor die Regering en Jacob Zuma se deur. Dit hoop elke dag meer en meer op totdat die borrel gaan bars en mense nie vir hul dade aanspreeklik gehou sal kan word nie. Ek hoop net die borrel bars baie vinnig want so kan dit nie aangaan nie. Waar is die groot besighede? Waar is regmatige denkende studente om te betoog teen hierdie wandade. Ons afgetredes kan help maar asseblief, ek vra met trane in my oe, Steve Hofmeyr en Sunette Bridges kan nie alles alleen hanteer nie. Groot sterk manne van Suid-Afrika, waar is jul spiere? Hoekom sien ons nie die betogings teen wat plaasvind nie. Rus sag liewe moeder en dogter. Troos het ek nie vir die seun nie, want ek is so hartseer hieroor. Ek kan net vir jou bid seun.

HEVW ·

Ja Maroela, julle plaas nie my kommentaar nie, Hierdie vraag sal julle tot in die ewigheid nie kan ontvlug nie. Hierdie land in die rioolsloot. Elke moord en traan en ons weeskinders sal hiedie vraag laat opdoem. WAAR HET JULLE GESTEM?????????

Sune van Heerden ·

Dagsê HEVW

Dankie vir jou kommentaar! Onthou dat daar ‘n outomatiese siftingsproses geskied op enige kommentaar wat gelewer word en ons bied aan jou as leser ook 5 minute grasie om enigiets aan jou kommentaar te verander voordat dit op die webwerf verskyn. Indien kommentaar deur die siftingsproses afgekeur word, moet dit per hand goedgekeur word. Dit neem dus altyd minstens 5 minute voordat jou kommentaar op die webwerf sal verskyn.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Faan Pretorius ·

Ja .mense dit maak mens bitter as hulle net loop en moor. Maar ons dank God dat ons en veral my broer in die posisie was om Erika te laat oor plaas na Milpark hospitaal. Nooit in my lewe was ek so geskok oor die diens in n hospitaal nie. Maar elke maand moet ons die regering belasting betaal vir patetiese diens.

Stephanie Frerk ·

Erika is intussen oorgeplaas na ‘n private hospitaal en die laaste wat ons gehoor het is sy nog kritiek maar die prognose lyk goed. Die seun word nou deur sy oom versorg en babatjie is by familie.

derick coetzee ·

Ek vreet my hoed op as dit n roof is. Dit was blatante moord met n doel.

Carel ·

Ek sien my kommentaar het sommer verdwyn……

Kan iemand vir ons se watter tipe motor die barbare ry en wat die kleur is???

SAP waar is die R250 000 beloning nou????????????????????? Riaan jy’s spoton….

om n vrou en dogter te skiet vir n telefoon – barbaar- hoop my en jou paatjie kruis nie jys n lafaard jou gemors..

Waar is Koch – lig jou menig rubbernek – hier word my mense vermoor en daagliks beledig en verneder en ons word rasiste genoem – hier is dom mense in ons samelewing

Carel ·

hi Sune waar is my vorige kommentaar?

Mense verstaan 2 mense is in die kop geskiet vir wat????

Dis nie roof nie – dis MOORD

monique ·

Nou hierdie berig,,en net in vandag se witbank nuus lees ek van n ma van 3 kinders(36)wat helder oordag 12 keer met n mes gesteek is,in haar eie huis,,,terwyl die kinders moes toekyk,,,,,wil nie diskrimeneer nie maar ook n wit ma…..sal hul dit doen as sy nie wit was?vra maar net..

Francois ·

Dit is wat hulle die “Slow War” noem. So word die witmense stadig maar seker uitgeroei…hulle sê 44 moorde per dag – ek dink dis nader aan 80 of 100 per dag. Werk maar uit, hoe lank dan is ons almal weg!

jakoos ·

Ek het gedink hierdie gereelde moorde op wittes is beslis iets wat deur die Human Rights Watch (of so iets) ondersoek moet word, maar toe sien ek hulle is baie besig om ondersoek in te stel na bewerings oor aparte toilette in Limpopo!

Hennie ·

Ek lees PW Botha se profetiese woorde aan FW en Pik nadat hy sy laaste kabinetsvergadering toegespreek het:”Daar breek vir julle ‘n baie moeilike tyd aan, ek kry julle jammer. Die magte wat julle losgelaat het, is onhanteerbare perde……..

Theresa ·

Ek stem. Mense word vermoor en dan is ‘n selfoon weg. Glo my dit gaan NIE oor die selfoon nie. Dit gaan oor dat die mense wit is en dit gaan oor die feit dat hulle dit kan doen (en niks oorkom nie) en sal doen en wil doen.

Rocco ·

daar is a plek met die naam hel vir mense soos daai wat hulle geskiet het dit is hoekom Jesus Christ a hel gemaak het.

Balthaser ·

Die beker van hulle gruwels is nog nie vol nie maar dit kom. Ons moenie vra wat gaan die staat doen nie – Die staat kyk na hul eie belange nie ons sin nie.
Ons as volk moet terugkeer na ons hemelse Vader. Israel was gestraf vir hulle afgodery totdat hulle terug gekeer het en berou gehad het oor hulle sonde. Die Vader sal nie die lafaards en moordenaars van ons af wegneem totdat ons terugkeer na hom nie. Maar wee die boer, want hy het sy God verlaat en agter ‘n bal aan gehardloop. Ons mense is so ver van die waarheid af ek weet nie of ons ooit weer sal terugkeer na die smal pad toe nie.

My hard bloei vir my boer mense, ek huil, want tussen TV, dwelms, sport, pornografie, geld en politiek het ons nie meer ‘n oomblik vir God nie. Ons vra hoekom straf Hy ons? En dan sit ons die TV harder dat ons nie Sy antwoord hoef te hoor nie.

My medelye is met die familie en met elke ander familie wat nog moet ly voor ons, ons oë oop maak.

Esther ·

Ek dink as ons begin om ELKE geval waar moord gepleeg word se begrafnis van die staat te eis, sal die dom onnosele narre in die parlement die boodskap te kry.

Maar NB! Volle eerbetoon en die beste kis moonlik!

Die kinders moet ook Elkeen vir die res van hul lewe ‘n gerieflike toelae ontvang om hul lewensstyl voor die moord te kan voortsit.
Ook, as die oorledene nie lewensdekking gehad het nie, hul eiendom afbetaal!!!

Ons hoef nie te wonder wat sal gebeur as een v d -Sirkus Regering se familie vermoor word nie….

Esther ·

Ek dink as ons begin om ELKE geval waar moord gepleeg word se begrafnis van die staat te eis, sal die dom onnosele narre in die parlement die boodskap kry.

Maar NB! Volle eerbetoon en die beste kis moonlik!

Die kinders moet ook Elkeen vir die res van hul lewe ‘n gerieflike toelae ontvang om hul lewensstyl voor die moord te kan voortsit.
Ook, as die oorledene nie lewensdekking gehad het nie, hul eiendom afbetaal!!!

Ons hoef nie te wonder wat sal gebeur as een v d -Sirkus Regering se familie vermoor word nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.