SA man was op vlug MH17

Cameron Dalziel. Foto: Facebook

Cameron Dalziel. Foto: Facebook

Cameron Dalziel, ‘n Suid-Afrikaner van Durban, was een van die passasiers op vlug MH17 wat in die Oekraïne neergeskiet is.

Shane Hattingh, Dalziel se swaer, het op Facebook bevestig dat Dalziel op die vlug was en het geskryf: “RIV Cameron ons broer.”

Candice Dalziel, Cameron se suster, het gister op Facebook geskryf: Kan enigiemand wat op my Facebook wat vriende is met my broer Cameron asseblief probeer om hom te skakel. Dit is dringend. Ek moet kontak maak met hom.”

Candice het later ‘n Facebook-inskrywing deur Team Australia EMS gedeel. Dit lees: “In die tragedie het die wêreld een van sy beste HEMS vlieëniers, Cameron Dalziel, verloor.”

Volgens Team Australia EMS het een van hulle paramedici vroeër saam met Dalziel in Suid-Afrika gewerk. “Jy was ‘n inspirasie vir ons almal Cameron, ons gaan jou mis. Liefde vir jou familie en almal wat geraak word.”

Neil Noble het die foto van Dalziel en sy vrou op Twitter gedeel.

Neil Noble het die foto van Dalziel en sy vrou op Twitter gedeel.

Neil Noble, die paramedikus van Team Australia EMS, wat glo saam met Dalziel in Suid-Afrika gewerk het, het op Twitter gesê: “Rou oor die tragiese verlies van een van die wêreld se beste reddingshelikoptervlieëniers, Cameron Dalziel. ‘n Wonderlike man, pa en eggenoot.”

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het aan Maroela Media gesê Dalziel was tussen 2003 en 2006 ‘n helikoptervlieënier vir Netcare911 in Durban. Botha sê hy het verskeie kere saam met Dalziel gevlieg. “Hy was een van die beste en passievolste vlieënier wat ek nog geken het.”

Dalziel het vir CHC Helicopter in Maleisië gewerk.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Lees ook:
Vlug MH17 is neergeskiet, sê VSA intelligensie
Video: Malaysia Airlines-vliegtuig stort neer in Oekraïne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.