SAPD beset Limpopo-munisipaliteit

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se besetting van die Mogalakwena Munisipaliteit in Mokopane (Potgietersrus), Limpopo kan ingevolge wetgewing potensieel tot ’n daad van terrorisme verklaar word.

Dít is die mening van die burgerregte-organisasie AfriForum na polisiebeamptes dié munisipaliteit gister glo sonder ʼn lasbrief of bevel met geweld ingevaar het.

Die polisie het dit glo onder die bevel van genl. Mphalatji gedoen en onder meer die munisipale bestuurder asook ander amptenare en raadslede aangerand en in hegtenis geneem. asook almal van die perseel af verwyder. Daar moes glo ook onder bevel van die polisie dadelik nege proporsionele raadslede verkies word.

“Hoewel die rede vir die besetting nog onduidelik is, vermoed AfriForum politieke vuilspel,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê. “As gevolg van Mphalatji se dade kan die SAPD moontlik vir ʼn daad van terrorisme aanspreeklik gehou word. Hy en die polisie kan nie net begin om ʼn munisipaliteit omver te werp nie. Hierdie dade maak die land onstabiel en die toelating daarvan kan selfs nyg na hoogverraad,” het hy bygevoeg.

Wet 33 van 2004 stipuleer duidelik die volgende:

“PROTECTION OF CONSTITUTIONAL DEMOCRACY AGAINST TERRORIST AND RELATED ACTIVITIES ACT”

Any act committed which-
Is designed or calculated to cause serious interference with or serious disruption of an essential service, facility or system, or the delivery of any such service, facility or system, whether public or private…
…is intended, or by its nature and context, can reasonably be regarded as being intended, in whole or in part, directly or indirectly, to-
Unduly compel, intimidate, force, coerce, induce or cause a person, a government, the general public or a segment of the public,..to do or to abstain or refrain from doing any act…

Volgens Cameron is dit weereens ʼn bewys dat genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, nie in beheer is van die polisie in die land nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Genl. Mphalatji, het hom self nou lekker met ‘n plank geslaan. Die Polisiemanne het ook sekere
wette ernstig oortree. Sluit hulle almal toe of skors hulle sonder betaling. Genl Mphalatji het nie die mandaat om sulke opdragte te gee nie. Ons sal graag wil sien watter aksie teen hulle ingestel sal word. Afriforum hierdie is so reg in julle kraal, vat hulle Hof toe

Grassie ·

In hierdie berig sien ons net die een sy van die saak. Ek glo nie die polisie sal sommer goedsmoeds so ‘n operasie uitvoer nie. As ‘n mens dink aan die diefstalle, korrupsie en swak administrasie wat by die meeste munisipaliteite deur die land plaasvind het die polisie dalk ‘n rede gehad. Miskien moet ‘n mens maar wag tot jy die hele storie hoor voor jy kommentaar kan lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.