SAUK-hoof kry vrou as geskenk

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Tradisionele Venda-stamhoofde het vir Hlaudi Motsoeneng, waarnemende bedryfshoof van die SAUK, onder meer ‘n vrou en ‘n bees geskenk gegee, berig die Sowetan.

Volgens die berig was Motsoeneng Woensdag saam met ander SAUK-bestuurder in Thohoyandou in Limpopo waar hulle met ‘n drukgroep van tradisionele leiers en genesers vergader het. Tydens die geleentheid het ‘n groep vroue in ‘n ry gestaan en kon Motsoeneng vir hom een kies.

“Daar was omtrent 10 meisies en hulle het geparadeer vir hom om te kies. Hy het die een gekies van wie hy gehou het,” het Humbelani Nemakonde, uitvoerende sekretaris van die drukgroep, gesê. “Al die meisies was daar saam hul ouers. Die ouers het geweet wat gaan gebeur en almal het ingestem.”

Motsoeneng het ‘n 23-jarige student, wat menslikehulpbronbestuur studeer, gekies. Die Sowetan het ‘n foto gepubliseer waar sy met haar borste ontbloot langs Motsoeneng staan.

Motsoeneng het die geskenke ontvang aangesien hy “verbind is tot sy werk en die strategiese doelwitte van die SAUK verstaan”.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het in Februarie ‘n verslag beskikbaar gestel waarin daar bevind is dat Motsoeneng se aanstelling onreëlmatig was. Sy salaris het in een jaar van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tinkies ·

Ja-nee, in my wildste drome kan ek nie dink dat ek met ‘n man moes trou, bloot omdat hy van my hou nie.

EMK ·

GA! Hoe “degrading” – Afrika vroue het nog ‘n laaaang pad om te kom. Ek sal tog soos ‘n bees of ‘n ding paradeer.

JFK ·

Dit is deel van hul kultuur en moet dus gerespekteer word , maar enige kultureule gebruike van die afrikaner soos die van afrikaans studente op die puk moet verander want dit is gebruike van n oudmodiese denkwyse wat uitgefaseer moet word , want daar is nie plek daarvoor in die moderne samelewing nie……. WERKLIKE DEMOKRASIE WAARIN ONS NOU LEEF……… (en vir die wat nie verstaan nie ek is sarkasties)

VerVanRyn ·

Hierdie is afgryslik! Dubbelstandaard-ANC gaan seker niks hier aan doen nie! Dit wys nog waar sit die vrou in die tradisionele konteks van Afrika en dan het ‘n vormalige(sic?) minister geskree dat die wit Calviniste vroue onderdruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.