SAUK se Motsoeneng permanent aangestel

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die SAUK se omstrede waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, is permanent aangestel, het die openbare uitsaaier Woensdag berig.

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het die aankondiging Dinsdagaand in Pretoria gemaak, berig die SAUK se radionuus. Muthambi sê sy het die aanstelling gemaak na ‘n aanbeveling van die SAUK-raad.

“Na deeglike oorweging en in die uitoefening van my diskresie in terme van die Wet op Uitsaaiwese, het ek die aanbeveling van die raad aanvaar en gevolglik is die aanstelling van mnr Hlaudi Motsoeneng as die bedryfshoof bevestig,” het Muthambi gesê.

Politieke partye het verlede week geëis dat Motsoeneng bedank. Dit was nadat hy voorgestel het dat joernaliste ‘n lisensie moet hê om te praktiseer, soortgelyk aan dokters en prokureurs.

“Wanneer jy ʼn joernalis is, is jy ʼn professionele joernalis. As jy nie etiek en beginsels het nie en jy mislei mense deur jou verslaggewing, of as jy enige fout maak, dan verloor jy jou lisensie,” het Motsoeneng glo gesê.

Motsoeneng het ook verlede week in die parlement ‘n strategiese plan en begroting vir die SAUK voorgelê. Dit nadat die ouditeur-generaal ‘n negatiewe bevinding teenoor die SAUK gemaak het. Die parlement het gehoor dat die SAUK adverteerders en kykers verloor.

Die openbare beskermer het in Februarie onder meer bevind dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.

Lees ook:
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Hier kom ook weer ‘n ding. Nuwe besem wat skoon wil vee en sy merk wil los……………

Marlene ·

kyk daai oe is dit n nuwe besem? Glo nie so nie hy het homself sommer 62% verhoging gegee en ander kry nie eers nie. Hier kom n ding en TV gelde gaan opgaan en Afrikaans weggevat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.