Seun (5) word vermis ná pa se kar gekaap is

Mongezi Phike 5 yrs July 2014. .ʼn Vyfjarige seuntjie word sedert Dinsdagaand vermis nadat sy pa se voertuig in Bronkhorstspruit in Gauteng gekaap is.

Die Bronkhorstspruit-polisie het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat Mongezi Phike teen 14:00 steeds vermis word. Volgens ʼn beampte wat die voorval ondersoek, het Mongezi saam met sy pa gery toe hulle omstreeks 19:00 by ʼn kruising gekaap is. “Die pa is later uit die voertuig, ʼn donkergrys Nissan Sentra met die registrasienommer JYM465GP, gegooi. Die kapers het met die seuntjie weggery. Hy word nou al vir langer as 40 uur vermis.”

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het gesê Mongezi het ʼn rooi en wit trui, rooi sweetpakbroek en wit tekkies aangehad toe hy vir die laaste keer gesien is. Sy het die publiek versoek om pamflette met inligting oor die seuntjie se ontvoering op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met inligting oor waar Mongezi hom moontlik bevind, kan kapt. Mnguni by 071 612 1895 of ao. Tosen by 082 535 0803, of die Pink Ladies by 072 214 7439 skakel.

Bronkhorstspruit GP Mongezi Phike 5 yrs July 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Die beskrywing van voertuie in sulke gevalle laat myns insiens altyd veel te wense oor. Kyk na die oorspronklike advertensie van Pink Ladies. Daar staan slegs dat dit ‘n “grey Nissan” is.

Hoe oud is die kar? Is dit ‘n sedan of ‘n bakkie of ‘n bussie of wat? Watter spesifieke model?
Daar is hordes Nissan-motors op die pad, in alle vorme en groottes. Deur nie te spesifiseer watter model en jaar die kar is nie, maak dit moeiliker vir mense om te help.

Phillip ·

Dagsê Paul. Volgens ons bron is dit ‘n donker grys Nissan Sentra soos in die berig aangedui. Inligting oor die voertuig se model was nie dadelik beskikbaar nie.

Groete – Phillip

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.