Sewe dood in Bloem-ongeluk

Die ongelukstoneel buite Bloemfontein Foto: ER24

Die ongelukstoneel buite Bloemfontein Foto: ER24

Sewe mense, insluitend ʼn eenjarige kind, is dood en vier ander beseer toe ʼn Toyota Fortuner en ʼn vragmotor Sondag in Bloemfontein gebots het.

“Die Fortuner is uit mekaar geskeur en die vragmotor het op die N1 in die rigting van Kaapstad omgeslaan,” het Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, in ʼn verklaring gesê. “Dit wil voorkom of van die insittendes uit die voertuig geslinger is.”

Die ongeluk het Sondagoggend omstreeks 11:00 sowat 46 km buite Bloemfontein plaasgevind.

Drie insittendes van die motor is na nabygeleë hospitale gehaas. Die vierde persoon het geringe beserings opgedoen. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en owerhede ondersoek die ongeluk. Ooggetuies het aan paramedici gesê die twee voertuie het mekaar reg van voor getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Sal hierdie stof tot nadenke inslag vind? Of is die suster se hart te verhard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.