Spotprent-twiet: “DA is ʼn spul rassiste”

zuma voting dakyDie ANC het Dinsdag uitgevaar teen Mike Waters, ʼn DA-LP,  nadat hy Maandagaand ʼn “rassistiese” twiet uitgestuur het en het die DA bestempel as ʼn spul rassiste.

“Ons is nie geskok of verras deur dié optrede van ʼn lid van die DA nie, want die party bewys op ʼn gereelde grondslag dat hulle uit ʼn spul bevooroordeelde rassiste bestaan wat swartmense steeds as onmenslike honde beskou,” het Zizi Kodwa, ʼn woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op Twitter losgebreek nadat Waters Maandag ʼn spotprent geplaas het wat wys hoe honde in ʼn ry staan om teen ʼn plakkaat van president Jacob Zuma te urineer. Die honde sit in ʼn ry voor die verkiesingsplakkaat van Zuma met die woorde ‘Voting Day’ en ‘Make your mark’ daarop. Een van die honde lig sy been teen die plakkaat. Hy het intussen die spotprent verwyder en om verskoning gevra. Lees meer hier.

Kodwa het gesê Waters se optrede vergelyk mense wat vir die ANC gestem het, met honde.

“Die DA kon nie daarin slaag om die kiesers van hul beleid te oortuig nie. Hulle bied niks buiten om voortdurend die intelligensie van die mense van hierdie land te beledig nie, asook die mense se leiers aan te val nie,” het Kodwa gesê.

Phumzile van Damme, ʼn woordvoerder van die DA, het aan Sapa gesê die party het Waters se verskoning aanvaar.

“Mike het onvoorwaardelik vir die twiet om verskoning gevra. Hy is nie ʼn rassistiese persoon nie en het erken dat die spotprent beledigend en onsmaaklik was,” het van Damme gesê.

Sy het gesê die party sal sy sosialemedia-beleid hersien. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tinka ·

Wat gaan aan met die mense van die politieke partye kan hulle nie in vrede en ordentlikheid die land as n span regeer nie dit is geen wonder die land stuur op n ramp af dit klink soos kinders wat in die Partye werk in plaas van grootmense eich!!!!

alet ·

Aitog die spul moet almal. Terug gaan skool toe sodat geleerde onderwys hulle kan opvoed want in hulle lewe sal hulle nie groot word.Kyk net waar kan die een die ander hap siek land waarin ons bly.

Theresa ·

Sê een rasis vir die ander rasis……………… (Klomp Kleuterskool kinders en hulle moet ons land se sake hanteer). BAH!!

J BLOM ·

Ja ne?DA rassisties ek wonder nou—–die ANC met al sy wette reeds deur parlement gestoomroller en die wat in die pyplyn is plus spesifiek kwotas in sport werksgeleenthede net vir swart—–WIE IS NOU EINTLIK DIE RASSISTE??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.