Springs-gruwelhuis: Pa uit hospitaal ontslaan

Die laaste foto wat van die Springs-verdagte geneem is voordat hy glo probeer selfmoord pleeg het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die laaste foto wat van die Springs-verdagte geneem is voordat hy glo probeer selfmoord pleeg het. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die pa wat glo sy vrou en vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, is terug in die Modderbee-gevangenis in Benoni in die Oos-Rand nadat hy Donderdag glo probeer selfmoord pleeg het.

Maroela Media het vroeër berig dat die man, kort nadat die Springs-landdroshof sy borgtogaansoek afgekeur het, sy polse vermoedelik met ʼn lemmetjie gesny het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Vrydag aan Maroela Media gesê die man is reeds Donderdagaand uit die Verre Oosrand-hospitaal ontslaan. “Die polisie ondersoek nog hoe die man die skerp voorwerp in die hande gekry het, ” het Dlamini gesê. Hy het bevestig dit is die polisie wat die saak sal ondersoek en nie die Nasionale Vervolgingsgesag nie, aangesien die man homself by die Springs-polisiestasie gesny het, kort ná sy verskyning by die Springs-landdroshof. Hy het glo gesê hy wil die badkamer gebruik en het daar sy polse gesny.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. Sy kinders is tussen twee en 16 jaar oud.

Die verdagte staar aanklagte van aanranding en ontvoering in die gesig. ʼn Bykomende aanklag van verkragting kan ook moontlik teen hom gebring word, ná bewerings dat hy glo sy vrou gedwing het om met hom seks te hê. Hy kan moontlik ook van meineed aangekla word omdat hy ʼn vals verklaring afgelê het toe hy beweer het sy seun word vermis, en kan ook van poging tot moord aangekla word.

Die man moet weer op 12 Junie in die hof verskyn.

Sy naam word nie bekend gemaak nie om die identiteit van sy kinders te beskerm.

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Pa sny glo polse in aanhouding
Springs-gruwelhuis: Applous toe hof nee sê vir borgtog
Springs-gruwelhuis: Hof hoor ma rand ook kinders aan
Springs-gruwelhuis: Skokgetuienis oor marteling
Springs-gruwelhuis: Pa vra borgtog voor volgepakte hof
Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Nou is weer waar hy hoort. Terug in die gevangenis sodat hy kan voel wat sy vrou en kindertjies deurgemaak het. Hoe dit voel om toegesluit te wees. Hoop hy kry uteindelik lewenslange tronkstraf.

Peter Says ·

Aan die een kant, jammer hy het misluk, aan die ander kant, hou hom aan die lewe, hy moet behoorlik boet vir sy dade.

Justi ·

Kry vir jou, jou gedrog! Ek hoop jy kry wat jou toekom. Jy kan nie n “man” genoem word nie, nog minder n “Pa.”

Jy is ook nie die naam “mens” werd nie, want geen “mens” sal sulke dinge doen nie.

Mag jy verrot in die tronk en dieselfde behandeling elke minuut kry, as wat jy jou kinders aangedoen het.

Sollie ·

Solank hy nie omkoopgeld aan bewaarders kan gee en ‘n lekker jollietyd in die tronk het nie – ons weet mos hoe dit werk, lees dit gereeld in koerante. Hoop hy kry GEEN pynpille en mag sy wonde goed pyn. Of laat iemand kom en met ‘n baie DIK naald hom inspuit teen pyn en dan net net genoeg pynstiller vir so halfuurtjie. Ek wens so ek het geld om mede- gevangenes om te koop om hom GOED af te knou in die selle. Wanner join sy vrou en ander sleg familie en sleg bure hom – DIS wat ons wil weet.

Belinda ·

Ek stem saam Sophia sy probeer baie hard om uit die moeilikheid te kom maar sy is ook skuldig aan alles want sy het dit toegelaat…………….en kyk vandag is baie koud mag hy baie baie koud kry waar ookal hy is ek kan net nie ophou dink aan die arme kinders en wat hulle alles in hulle lewe moes aanskou nie…………………my seuntjie is ook 11 jaar oud ek dink net wat daai arme kind moes doen om so lewe te verdien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.