Springs-gruwelhuis: Pa weer in hof

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

Die sogenaamde gruwelhuis in Springs. Foto: @POWER987News

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou en vyf kinders in ʼn huis in Springs aangerand en aangehou het, sal na verwagting Woensdag in die Springs-landdroshof verskyn.

Die man is op 23 Mei in hegtenis geneem nadat sy 11-jarige seun vroeër daardie week uit die huis kon ontsnap en by die bure om hulp gaan aanklop het. “Vyf kinders, tussen twee en 16 jaar oud, is in die huis opgespoor,” het kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die bure het die polisie ontbied.”

Die man word aangekla van aanranding en ontvoering. Sy vrou was in die huis toe hy in hegtenis geneem is, maar sy is een van die vermeende slagoffers. Dit wil voorkom of die kinders nie voldoende versorg is nie en mishandel is.

“Die naam van die man kan nie bekend gemaak word nie om die kinders te beskerm,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. –SAPA

Lees ook:
Springs-gruwelhuis: Kinders, ma vir berading gestuur
Springs-gruwelhuis: Pa in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Monster. Ek lees gister op ‘n plakkaat dat die bure moontlik ook vervolg gaan word weens hul stilswye.

AmY ·

Vervolg die bure en die huurders agter in die erf. Hou die monster toegesluit sodat hy kan voel hoe dit voel.

Belinda ·

Almal van hulle moet vervolg word die hele spul………………..van die wat ook gou Rapport toe gehardloop het……………..hulle het niks gese nie want hulle het op sy perseel gehuur dis baie baie swak as daar so baie mense op die perseel was kon iemand net n oproep gemaak het sonder om ‘n naam bekend te maak………………..ek dink dis vreeslik wat daai kinders in hulle lewe moes aanskou…………………

Elizabeth ·

MAN ek wens ek kan by daardie hofsaak uitkom… ek sal met die vreeslikste plakkate daar staan! Jammer mens moet werk en kan nie daar gaan geraas maak nie. Die ANC vroueliga en andere kan vinnig by die Oscar saak uitgekom het om te spring en dans en plakkate rond te swaai teen sg vrouemishandeling – dis tyd dat hul optrek in hul massas by hierdie amebe se hofsaak (ja, ek kan hom nie ‘n vark noem nie, varke is oulike diere en het ‘n doel, ek kan eintlik nie aan ‘n naam dink om hom te noem wat erg genoeg is sonder om lelike woorde te gebruik nie, want MENS is hy beslis nie). Dis regtig tyd dat daar voorbeelde van sulke tipes gemaak word en hoe meer aandag daarop gevestig kan word hoe beter. Kan Afriforum nie ‘n HENGSE optog reel nie??

Belinda ·

Ek stem sooooooo saam met almal………………..nee kyk dis nie normaal nie dan wail hy nog borg he die mense is Springs was vir hom…………………..die GEMORS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.