Student spring na sy dood by Mediclinic Bloemfontein

Lees ook:
Kovsie-student spring glo ná hy tragiese nuus hoor

mediclinic2

Argieffoto

ʼn 19-jarige student het Maandag by die Mediclinic Bloemfontein na sy dood gespring.

Amanda Appelgryn, die hospitaal se woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die jong man het omstreeks 11:30 van die sewende verdieping na sy dood in die voorportaal gespring.

Sy het gesê die persoon was nie ʼn personeellid of ʼn pasiënt in die hospitaal nie, maar die vriend van ʼn jong vrou wat in die intensiewesorgeenheid by die hospitaal behandel word. “Ons het traumaberaders op die toneel wat almal wat deur die voorval geraak is, bystaan. Hulle bied ook berading aan die persoon se familie.”

Die liggaam is reeds verwyder. Die polisie het die toneel afgesper en is besig met verdere ondersoek.

Kapt. Chaka Marope, ʼn woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is na die toneel ontbied, maar inligting is nog skaars.

Sannie Botha, ʼn 46-jarige vrou van Bloemfontein, het op 18 April 2013 ook van die sewende verdieping by die hospitaal na haar dood gespring. Botha het saam met haar man in ‘n dokter se spreekkamer gewag toe sy uitgestap en na die sewende verdieping gegaan het. Haar man het haar later gaan soek en was by ontvangs toe sy gespring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.