Ten minste ses mense is dood nadat ʼn minibustaxi en ʼn Ford Ranger Vrydagoggend mekaar reg van voor tussen Pretoria en Johannesburg getref het.
Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 05:00 op die M57 by Olifantsfonteinweg [Ou Pretoriaweg] in Tembisa plaasgevind.
Die taxi het ná die ongeluk omgeslaan en aan die brand geslaan. Daar word vermoed dat tussen ses en agt mense in die taxi onherkenbaar verkool het. Die getal is egter nog nie bevestig nie.
Die bakkie het ná die botsing die pad verlaat en teen ʼn muur tot stilstand gekom.
Paramedici van verskeie nooddienste en die brandweer was op die toneel.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens hul inligting het agt mense in die taxi verkool. Een van die slagoffers is ʼn klein kind.
“Sewe mense is tydens die voorval beseer, en was reeds van die toneel verwyder toe paramedici daar opgedaag het,” het Botha gesê. “Ons het ʼn 35-jarige vrou met kritieke beserings op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”
Vermaak het gesê die bestuurder van die bakkie het geringe beserings opgedoen en is in ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.
Dit is nog nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie ondersoek die botsing.
Net n gedeelte terug betaal? Dan kan al die belastingbetalers net n gedeelte van hulle maandelikse belasting betaal. Anders is dit onregverdig.
Ai tog, die slagting op ons paaie word daagliks erger. Gister so 6h20 twee Taxi’s wat met mekaar gebots het, en toe gerol het in William Nicol drive. Ek wonder hoeveel onskuldige mense word beseer en sterf daagliks op ons paaie deur onverantwoordelike Taxi bestuurders?
Ek wonder oor die ongelukke, ‘n blanke vrou word vermoor deur ‘n klip van ‘n brug af te gooi en niemand sal ooit gevang word nie. Blinde sambok dalk aan die werk???? Wie sal weet?
Hulle is nie die enigste klomp wat voorvadergeeste het .so ons sal nooit weet wie sit agter so ongeluk nie .dalk net dalk het de Wet en de la rey nie van ons vergeet nie
Ja nee! Die Vrydag het nie goed vir hulle begin nie! Sjoe dis erg dat jy brand en jy kan nie ontsnap nie! Klink soos ‘n nagmerrie!