TB Joshua wil Suid-Afrika besoek

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

Die gebou wat ineengestort het Foto: Channel NewsAsia

TB Joshua het Sondag gesê hy wil Suid-Afrika toe kom om mense te kom besoek wat geraak is deur die ineenstorting van ʼn gebou by sy kerk waarin talle mense dood is.

Dié bekende Nigeriese predikant wil in die volgende paar weke na die land kom om die families van oorledenes asook oorlewendes van die ramp te besoek. Joshua het die nuus aan sy gemeente bekendgemaak tydens sy weeklikse oggenddiens, waartydens ʼn minuut van stilte gehou is “ter nagedagtenis aan geloofsmartelaars”.

ʼn Gastehuis by Joshua se kerk, Synagogue Church of All Nations, het op 12 September ineengestort. Na bewering was daar ten tye van die ineenstorting 349 Suid-Afrikaners by die kerk, waarvan 84 dood is.

Die president van Nigerië, Goodluck Jonathan, het gister die kerk besoek en onderneem om ondersoek in te stel na die oorsaak van die tragedie. Hy het ook aangevoer dat hy met belanghebbendes in die konstruksiebedryf sal gesels oor hoe om ʼn herhaling van die tragedie te voorkom.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

“Hy het ook aangevoer dat hy met belanghebbendes in die konstruksiebedryf sal gesels oor hoe om ʼn herhaling van die tragedie te voorkom. ” – hoop hy is eerlik hieroor!

Suzette ·

Henrietta, eerlik?, ek twyfel, net vanoggend het ek gehoor hoe hy ‘n joernalis probeer omkoop het om nie oor die ware gebeure verslag te doen nie. Toe kom dit uit dat hy ‘n paar jaar gelede dieselfde met ‘n ander joernalis probeer het. Al wat ek weet is dat my God hom nie laat bespot nie en TB is nogal omstrede…..sal maar sien.

Griet ·

Suzette, daar word verwys na die president van Nigerië, Goodluck Jonathan. HY het onderneem om die ondersoek te laat instel in sy land se konsruksie bedryf. TB het geen sprak gesprook oof enige ondersoeke nie….

Hennie ·

Wat wil die valse profeet in SA kom soek? Beeld berig dat die vent by verskeie geleendhede aan joernaliste omkoopgeld aangebied het om positiewe beriggewing te lewer. Alles wat hy doen is geldgedrewe! ‘n” Man van God ?”. Watse twak is dit?

Babs ·

En die mense glo die profeet. Maar hulle glo nie dat jy gestraf moet word vir moord, diefstal, verkragting en korrupsie.

Jakoos ·

Laat hom kom – en neem hom dan in hegtenis (sonder borgtog) op ‘n aanklag van massamoord op Suid-Afrikaners.

Griet ·

As ek kyk na die bostaande foto asook ander fofo’s wat van die toneel geneem is, het die gebou nie ineengestort nie, “VERKRUMMEL” is nader aan die waarheid.

EMK ·

@Griet – verseker – die versterkings binne-in is sommer hierdie “droppers” wat mens gebruik as jy draad span en sommer ook gewone draad, niks werklike versterkte goed nie. Verder was die maksimum hoogte ek dink 3/4 verdiepings op die plan, maar toe gaan plak hy sommer nog ‘n paar bo-op! Nou wil hy beweer dis as gevolg van ‘n VLIEGTUIG wat ‘n paar uur tevore daar rondgevlieg het. Wat ‘n grap. Sal nooit hul aandeel in sulke goed erken nie, maar altyd die blaam verplaas. Absolute skande – en steeds glo mense die “profeet”!!

Meisie ·

Nou wil hy skiellik SA toe kom, maar hy het sy hulp geweier om die mense terug te kry in SA?? Mmmmmm wil ook seker kom deel in die sous trein!! Dit sal hom nie baat om hierheen te kom as hy nie kan geld maak daaruit nie ,dit is verseker. Hy het seker ook gehoor hoeveel miljoene ons betaal vir oorsese kunstenaars, so hoekom sal hy nie kom nie , iemand sal gou gou vir hom een of ander ““ optrede11 reel as hy eers hier is, vir al wat ons weet is dit dalk reeds aan die gang, because …. anything goes in SA!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.