Transnet-baas van haatspraak aangekla

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Brian Molefe. Foto:leadershipplatform. com

Die Vryheidsfront Plus het Woensdag gesê die party gaan ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Transnet, weens sy “rassistiese en dreigende uitsprake teen pensioenarisse van Transnet”.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, het gesê hulle gaan die klag lê nadat Molefe glo aan ʼn Sondagkoerant gesê het Transnet-pensioentrekkers “is begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie”.

Rapport het Sondag oor die klasaksie-hofsaak van 67 000 verarmde Transnet-pensioentrekkers teen Transnet berig. Dié verhoor begin op 8 Mei in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria.

Die eis beloop R79 miljard wat dit die grootste siviele eis in Suid-Afrika se geskiedenis maak.

Molefe is ook aangehaal waar hy sê: “As hulle die revolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net sê”, met verwysing na die optog wat die pensioenarisse verlede week saam met die VF Plus na die Uniegebou onderneem het.

Volgens Alberts is dié uitsprake van Molefe nie net onwaar nie, maar is dit rassisties en tas dit die waardigheid aan van die pensioenarisse wat reeds in ellende gedompel is weens die stroping van hul pensioenfondse.

“Al hierdie mense het ʼn bydrae tot een van die fondse gelewer, en daardie geld is ter sprake. Boonop is Molefe oënskynlik nie daarvan bewus dat sowat die helfte van die eisers swart, bruin en Indiërmense is nie,” het Alberts gesê. “Hierdie uitsprake is onaanvaarbaar vir iemand van Molefe se statuur. Die pensioenarisse vra wat hulle toekom en waarvoor hulle ʼn lewe lank gewerk het. Beledigings en dreigemente gaan nie werk nie. Die hof is die plek om te gaan verduidelik wat van die mense se geld geword het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rina ·

Ons bid die Here se seën op die hofsake in julle geveg vir regverdigheid.

antonue ·

Hy kan maar daai verdraaide ou rassekaart speel..shame,hy dink verniet hy is al wat nou saak maak..hy moet eers al die feite onder oe neem voordat hy as swart burger so rassisties te kere gaan..hy panic nou lekker want hulle gaan betaal!

Babs ·

Brian Molefi kan maar kom met sy haatspraak – hier is baie Christene wat bid dat hy van sy troontjie sal aftuimel. Hier gaan sy velkleur hom nie red.

Frik Lotz ·

Dis reg dat hy aangekla word. Dankie aan VF Plus dat hul veg vir die pensioenarisse se belange. Die VF+ is die enigste party met murg in hul pype. Laat ons dus VF+ sterker maak op 7 Mei en vir hul stem.

Bets van Aswegen ·

om net 2% verhoging te kry, en hulle medies is so afgeskaal dat hulle so baie moet inbetaal, is ‘n klap in die gesig van mense wat gehelp het om die land op te bou. Indien die man te sterwe kom, kry die vrou net die helfte van sy pensioen. Waarvan moet die arme mense lewe?

petro ·

Brian molefe toi toi agter die ja en amen van Gigaba aan en nou gaan hy sy eie stert sien!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.