Twee rowers tydens Centurion Mall-rooftog geskiet

Die polisie by die verdagtes se Quantum.

Die polisie by die verdagtes se Quantum.

Twee mans is Vrydag tydens ʼn onderonsie met die polisie geskiet, kort nadat hulle glo ʼn selfoonwinkel in Centurion Mall beroof het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep rowers het Vrydagoggend op die Vodacom-selfoonwinkel in die sentrum toegeslaan.

“Die verdagtes het personeel by die winkel aangehou en hulle gedwing om slimfone in twee sakke te plaas,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, Gautengse polisiehoof, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Hulle het daarna almal wat in die winkel was, personeel en klante, in ʼn kantoor in die winkel gedwing en hulle toegesluit. Die rowers het in ʼn Toyota Quantum van die toneel gevlug. Die winkelbestuurder het ʼn spaarsleutel gehad. Almal is vrygelaat en die bestuurder het dadelik die polisie ontbied.”

Beamptes van die Lyttelton-polisie was in die omgewing om ʼn beskermingsbevel te bedien toe hulle oor die polisieradio van die rooftog gehoor het. Hulle het die verdagte Quantum opgemerk en die voertuig van die pad af getrek.

“Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen uitgepluk en probeer om op die beamptes te skiet. Die polisie het hulself verdedig en twee verdagtes is geskiet en gewond,” het Mothiba bygevoeg.

Ses verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en het ook die gesteelde selfone teruggekry.

Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van besigheidsroof en die besit van vermeende gesteelde eiendom.

Terwyl dié toneel hom afgespeel het, is die Telkom-selfoonwinkel by Irene Village Mall, ook in Centurion, deur ʼn groep gewapende mans beroof. Lees meer hier.

Dit is twee van ʼn reeks rooftogte waar rowers selfoonwinkels in gewilde winkelsentrums in Gauteng teiken en daarop toeslaan. Soortgelyk rooftogte begin ook in Kaapstad toeneem. Klik hier om van meer gevalle te lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eduard ·

A Vodacom store in Centurion Mall was robbed earlier this morning, and six suspects were arrested. Lyttelton police and CopWatch worked together to apprehend the suspects. The suspects locked customers and employees into the back office, but luckily, the manager of the store had a spare key and could open the door after the robbers had fled the scene. The suspects drove off in a white Toyota Quantum minibus. Police officers chased them to Migmatite Avenue in Zwartkop.

A CopWatch officer known simply as Abner, who had gotten a call on Zello to be on the lookout for the suspects, spotted the Quantum minibus and helped police to stop the vehicle. The driver of the minibus pulled over, but started firing at police. Police returned fire and the driver as well as another suspect were shot and injured.

According to Colonel Kweza of the Gauteng SAPS, the suspects were arrested, and three firearms as well as two bags full of smartphones stolen from the store were recovered. The suspects will soon appear in court on charges of business robbery and possession of stolen property.

Eduard ·

Die storie is nie 100% reg nie

Dit was n Cop Watch voertuig wat hulle opgemerk het na n “lookout” op ZELLO groep geplaas was

Lambert Vorster ·

Volgens die Sapd speurders is van die rowers se vinger afdrukke by die rooftog by Wonderboom Junction Mtm winkel gekry,so en ek is die motoris wat geskiet was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.