Twee vas oor renosterhoringdiefstal

renosterhoringLS

Argieffoto

Twee mense is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die onlangse diefstal van 112 renosterhorings uit ʼn kluis van die Toerisme-en-Parkeagentskapraad in Mpumalanga (MTPA).

“Die twee is in die Nelspruit-omgewing in hegtenis geneem,” het kapt. Paul Ramaloko, die woordvoerder van die Valke, Maandag gesê. “Een is Vrydag in hegtenis geneem, en een is Saterdag aangekeer. Die ondersoek duur voort.”

Hulle moet binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van inbraak en diefstal.

Ramaloko het gesê die verdagtes is nie werknemers van die MTPA nie.

Daar was beweringe dat die diefstal uitgevoer is met behulp van interne bronne.

Altesaam 112 renosterhorings is op 20 April uit ʼn kluis by die MTPA gesteel. Die horings is van lewendige renosters verwyder om hulle van stropers te red. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.