Tweejarige in Margate geskiet

geweerʼn Tweejarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Donderdagaand omstreeks 21:30 in Margate geskiet is.

“Paramedici het die seuntjie by sy huis in Margate gestabiliseer en hom na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Netcare 911 is Vrydagoggend ontbied om die seun na ʼn hospitaal in Durban oor te plaas wat spesiaal toegerus is om kinders te behandel. Die seun is daar in die hoësorgeenheid opgeneem.”

Botha het gesê die besonderhede van die voorval is nog nie duidelik nie, maar Maroela Media het by ʼn betroubare bron, wat anoniem wou bly, verneem dat die kind en ʼn ander kind vermoedelik met ʼn vuurwapen gespeel het toe die skoot afgegaan het.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louiza Smit ·

Jammer, maar ek glo nie ‘n twee jarige kan ‘n rewolwer of geweer eers optel nie. En indien dit wel moontlik was, was die ouers meer as nalatig om die vuurwapen so te laat rondle. Hoekom was dit nie toegesluit in ‘n kluis nie. Dit word al duidelliker dat mense hulle net nie steur aan die vuurwapenwet nie, en dus sal ons in die toekoms al hoe meer sukkel om ‘n vuurwapenlisensie te kan bekom. Ek kry die arme keindtjie baie jammer, wat ook al met hom gebeur hoop ek dit ry sy ouers se gewete vir ewig/ of die persoon wie se vuurwapen dit dan was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.