Uitspraak voorbehou in Vavi-saak

Zwelinzima Vavi op 27 Maart buite die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi op 27 Maart buite die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

Uitspraak is voorbehou in Zwelinzima Vavi, voormalige uitvoerende hoof van Cosatu, se versoek om sy skorsing ter syde te stel.

Vavi en die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) se regspanne het in die Johannesburgse hooggeregshof hul finale repliek gelewer op die argumente wat die vakbondfederasie voorgehou het.

Numsa en Vavi het aangevoer afgevaardigdes het nie tydens Cosatu se vergadering van die sentrale uitvoerende komitee op 14 Augustus 2013 oor Vavi se skorsing gestem nie. Die besluit is glo afsonderlik gemaak tussen presidente en uitvoerende hoofde.

Karel Tipp, vir Cosatu, het Woensdag verduidelik dat agt van die 16 Cosatu-geaffilieerdes die skorsing ondersteun het, en agt dit óf teengestaan het óf nie wou stem nie.

Onder Cosatu se grondwet het die sentrale uitvoerende komitee die mag om die uitvoerende hoof van die vakbondfederasie te skors of af te dank.

Tipp het gesê, indien die aantal afgevaardigdes binne daardie agt geaffilieerdes die skorsing ondersteun het, beteken dit daar was ʼn meerderheid en was ʼn stemmery nie nodig nie.

Kennedy het nie saamgestem nie en gesê dit is nie demokraties nie.

Vavi is in Augustus deur Cosatu op spesiale verlof geplaas hangende die uitslag van ʼn tugverhoor wat verband hou met sy buite-egtelike verhouding met ʼn junior werknemer. Die werknemer het hom in Julie van verkragting aangekla, en Vavi het gesê hulle was in ʼn verhouding. Die vrou het daarna die saak van seksuele teistering teen hom onttrek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.