UP ondersoek “rassistiese voorval”

Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Argieffoto: Universiteit van Pretoria

Die Universiteit van Pretoria (UP) het bevestig dat hy ondersoek instel na ‘n beweerde voorval waar swart studente glo uitlatings en dreigemente teenoor wit studente geuiter het.

Nicolize Mulder, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê die beweerde voorval is Maandag onder UP se aandag gebring waarna ‘n ondersoek van stapel gestuur is.

Volgens AfriForum Jeug het twee ongeïdentifiseerde swart studente van Kollege Tehuis rassistiese uitlatings en dreigemente teenoor wit studente by die hekke van die Taaibos-koshuis geuiter. Die voorval het glo die aand van 4 September plaasgevind.

“Die een student het wit studente gevloek, en geskree dat hy wit mense haat en dat hy al die wit mense wil doodmaak. Dié verbale aanval het Taaibos-studente diep ontstel,” het Emuel Venter, ʼn Taaibos-inwoner, gesê.

“Hierdie aanval bewys weereens alle rasse word geraak deur rassisme. AfriForum Jeug eis dat die universiteit dissiplinêre stappe eenvormig toepas in alle rassisme-verwante insidente. Dit moet dringend deur die UP aangespreek word,” het Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

Du Randt het gesê UP-sekuriteit is besig om die video-opnames van sekuriteitkameras by die hek asook data van die sekuriteitshekke na te gaan. “Die aanvallers sal binnekort geïdentifiseer word. Sewe inwoners van Taaibos is as getuies geïdentifiseer,” het Du Randt gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Schalk Walters ·

Hoekom kry ek die gevoel dat hierdie ondersoek ook maar net weer gaan sloer en op die ou einde geskrap gaan word. Ook eienaardig dat dit nie dieselfde nuus dekking op die ” SABC” kry as wat aan n ander spesifieke kultuur groep gegee word nie. Wonder maar net…..

Elfie ·

Maar die twee dames wat as ‘n grap hul gesigte swart geverf het vir ‘n partytjie is sommer DADELIK geskors?? Om te skree dat jy wit mense wil doodmaak is myns in siens ‘n erge dreigement en ons wil beslis aksie op hierdie tipe van goed sien van die universiteitsowerhede se kant af!

EMK ·

Ons EIS dat hulle ook geskors word!!! Wees konsekwent UP – hulle MOET ook geskors word – julle kan dit gou doen as wit meisies grappe maak by partytjies, maar hierdie wat duidelik doodsdreigemente is is sommer net niks??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.