US-studente sê oor ‘swart-gesig’-foto

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die foto wat op sosiale media versprei is

Die studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat op ʼn foto verskyn met swart gesmeerde gesigte, het gesê dit was nie hul bedoeling om enigiemand aanstoot te gee of te beledig nie.

Ross Bartlett, Mark Burman en Michael Weaver het ʼn verklaring uitgereik nadat die foto wyd op sosiale media versprei is en die universiteit aangekondig het dat hy ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur het.

Volgens die studente het hulle op 20 September ʼn vriend se 21ste verjaardagpartytjie bygewoon. Die tema van die partytjie was “Twinning” wat verwys na tweelinge wat ook wenners is. Bartlett en Burman het besluit om soos die tennissusters Venus en Serena Williams aan te trek. Weaver het ʼn foto van hom saam met Bartlett en Burman op sosiale media geplaas.

“As jong Suid-Afrikaners is ons trots op die feit dat ons demokrasie ons toelaat om onsself uit te druk,” het die drie studente in die verklaring gesê. “Dit was egter nooit ons bedoeling om enige persoon of groep mense aanstoot te gee of te beledig nie. Ons is bewus daarvan dat die voorval baie seer veroorsaak het by ons universiteit en die hele Suid-Afrika, en ons wil julle graag verseker dat daar absoluut geen kwaadwillige of rassistiese bedoeling was in wat ons gedoen het nie. Dit was ʼn oordeelsfout en ons is jammer daaroor.”

Die foto is ook op sosiale media versprei

Die foto is ook op sosiale media versprei

US het vroeër gesê hy stel ondersoek in na die voorval. Volgens die universiteit keur hy enige optrede af “wat moontlik van sy studente, sy personeel en lede van die publiek kan aanstoot gee, en wat moontlik teenstrydig is met die Grondwet en die verwelkomende kampuskultuur wat die US wil bevorder”.

Die Universiteit van Pretoria (UP) is intussen steeds besig met ʼn ondersoek na twee van sy studente verlede maand op ʼn foto verskyn het waar hulle huishulp-klere aangetrek en hul gesigte ook swart gesmeer het. Die foto is glo by ʼn temapartytjie geneem en is ook op sosiale media versprei. Die studente is tydelik uit hul koshuise geskors. Hulle mag steeds klasse bywoon.

Lees ook:
US ondersoek ook ‘n ‘swart-gesig-foto’
“Swart gesig”-ondersoek duur voort

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sollie ·

As daar onnosel mense is wat deur ander se pret beledig voel dan MOET hulle maar. Steur julle nie aan sulke snert nie. Geniet jul jonkwees.

Elizabeth ·

Moet die universiteit nie liewer hierdie tyd van die jaar konsentreer om studente met probleme voor die eindeksamens te help en admin en dinge reg te kry dat mense nie volgende jaar met regsitrasie hoef tou te staan nie? Nou wil hul ondersoek instel na twak. REGTIGWAAR!!

Lindie ·

Ek dink regtig dis belaglik hierdie. Ek het gister (Woensdag) ‘n swart man gesien in die Paarl wat sy gesig spierwit geverf het en dan so by die robots gedans het om geld te maak, so nou wil ek weet, wat is dan die verskil???? Hulle het mos geen rasistiese aanmerkings gemaak of enige so iets nie, hulle het maar net so aangetrek vir ‘n partytjie?? Ek dink regtig dis belaglik. As dit beskou word as rassisme moet daardie man by die robot met die swart gesig ook beskou word as rassisme. Word groot mense. Daar is erger goed in ons land aan die gaan wat ons aandag nodig het!!!

Nefie ·

Dis absoluut walglik om jou gesig swart te verf. Skors hulle!
Dis heeltemal normaal om jou kampus af te breek, dis jou reg om te staak. Almal aanvaar dit so.
(jammer, ek moes met sarkasme reageer)

Bielie van die Bosveld ·

Wanneer gaan anderskleuriges oor hul minderwaardigheidskompleks kom. Daar is ander belangrike sake soos moord en verkragting wat prioriteit behoort te geniet.

Marlene Oosthuizen ·

Nou het ek alles gesien en gehoor. Moes hulle nou as wit Williams susters gegaan het. Wat van die swart vrouens wat hulle gesigte wit smeer [vir wat weet ek nie] – is hulle dan nou besig om met die blankes te spot. Dit raak regtig nou belaglik.

Uit 'n ander oog. ·

Ek hoor almal se redenasies, en stem heelhartig saam, maar ek kan nou ook regtig nie verstaan hoekom jy jouself nou wil opmaak as ‘n anderskleurige nie. Daar is mos duisende ander opsies.

Lynni ·

As 2 swartes hulself soos Brad Pitt en Angelina Jolie opgetof het geen haan daarna gekraai het. Dis maar voorbeeld van 2 bekendes. Al wat di stori vertel dat ‘n sekere bevolkingsgroep dink hul is so vreeslik lelik dat hul aanstoot neem as mense soos hulle aantrek.

Luke ·

Ek verstaan nou werklik nie die probleem hier nie. Ek sien heelwat nieblank mense wat hulle gesigte wit maak en op straat staan vir geld, en wat van n sekere stam nieblanke vroue wat hulle gesigte wit maak as deel??? Van hulle tradiesie??? Watch my van nou af ry ek met my kamera rond en gaan ek fotos neem van elke nieblanke wat hulle gesigte wit maak want dis mos rasisme en spot met ons. Die albinos gaan nou les op se… Kom nou, kinders was nog kinders toe ons nog kinders was en dis steeds selfde.

N Pretorius ·

Ek dink nie mense begryp aldag wat rassisme presies is nie. As mens jouself soos ‘n perd of kameel of ‘n bekende figuur uitbeeld, gaan mens mos grimering en klere he wat jou soos daardie persoon laat lyk. Dit hang af wat mens doen met daardie uitbeelding.

Johan Willemse ·

hou op %#U*^& jammer se…wees trots blank!! ??? bang vir die gevolge!!! of net pleinweg PC sotte!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.