Veghond-aanval: Vrou se naam bekend

Haidee Pook. Foto: Facebook

Haidee Pook. Foto: Facebook

Die naam van die 45-jarige vrou wat Donderdagaand in Oos-Londen deur Amerikaanse veghonde doodgebyt is, is deur die polisie bekend gemaak.

Kapt. Stephen Marais, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Haidee Pook was saam twee mansvriende by Hemingways Casino waarna hulle na die eiendom waar die mans bly teruggekeer het.

Die een man bly saam sy ouers in die huis terwyl die ander man in ‘n woonstel op die eiendom bly. Marais sê Pook het in die deurgang tussen die huis en motorhuis na die woonstel toe gestap toe sy deur die honde aangeval is.

Marais sê die twee volgroeide en twee klein veghonde is agter in die erf aangehou. Hy sê dit is nog nie duidelik deur hoeveel van die honde Pook aangeval is nie. Sy is op die toneel dood verklaar.

Marais sê drie van die honde is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van die eiendom verwyder. Marais sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carel de Beer ·

Dis so onnodig dat sulke insidente moet plaasvind. Baie tragies!

Amerikaanse Veghond liefhebber ·

En natuurlik word die honde seker vankant gemaak? Hoekom word die eienaars nie toegesluit nie? Geen hond word so gebore, dis die eienaars wat die hond so aggresief grootgemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.