Vergadering bring dalk einde aan busstaking

rea vayaPiotrans en die Suid-Afrikaanse munisipalewerkersunie (Samwu) vergader Dinsdag in ʼn poging om ʼn einde te bring aan die staking van Rea Vaya-busbestuurders.

Piotrans bedryf saam met Litsamaiso die busse in Johannesburg.

“Die maatskappy gaan om 10:00 met die vakbond se prokureurs vergader om ʼn ooreenkoms, wat Maandagaand opgestel is, te finaliseer,” het Dumisani Mntambo, Poitrans se woordvoerder, gesê. “Ons behoort teen vanmiddag ʼn aankondiging te maak.”

Busbesbestuurders wat lede is van Samwu het Maandag met ʼn onbepaalde staking begin oor die maatskappy se skofstelsel, en verskeie pendelaars gestrand gelaat.

Die busse het Maandagmiddag beperkte diens gelewer. Die Gautengse provinsiale verkeerspolisie het pendelaars versoek om van alternatiewe vervoer gebruik te maak. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.