Vermiste polisiebeampte se lyk gevind

Thabo Mahlaba

Thabo Mahlaba

Die Wes-Randse polisiebeampte wat sowat twee weke gelede as vermis aangemeld is, se liggaam is Woensdagoggend gevind.

Die polisie het bevestig dat ao. Thabo Abednigo Mahlaba (50) se liggaam omstreeks 9:00 Woensdagoggend in ‘n veld in Randfontein gevind is. Sy liggaam is deur mynwerkers gevind. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Mahlaba is op 6 Junie as vermis aangemeld deur sy vrou. Hy is op 5 Junie die laaste keer by die Kagiso-polisiestasie gesien. Mahlaba het glo dieselfde dag gaan geld gaan trek by ‘n ABSA-bank in Krugersdorp en nooit weer teruggekeer huis toe nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.