VF Plus verwelkom Mdluli se vervolging

Richard Mdluli

Richard Mdluli

Die VF Plus het Donderdag gesê hy verwelkom die hofuitspraak ten gunste van die drukgroep Freedom Under Law dat Richard Mdluli, die polisie se voormalige misdaad-intelligensiehoof, vervolg moet word.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het gesê Mdluli het Suid-Afrika baie skade berokken as hoof van polisie-intelligensie. Hy het bygevoeg dat die laksheid van die minister van polisie om daadwerklik op te tree, betreur word.

“Weens hierdie gebrekkige optrede kon misdaad nie behoorlik bestry word nie omdat interne spanning by intelligensie onder Mdluli se bevel, ondersoeke gestrem het. Misdaadintelligensie is uiters belangrik om misdaad effektief te bestry. Die VF Plus hoop dat Mdluli se vervolging spoedig afgehandel sal word, aangesien die bekamping van misdaad ʼn prioriteit in die land behoort te wees,” het dr. Groenewald gesê.

Mdluli is destyds geskors na bewerings van bedrog en korrupsie, sowel as aanklagte wat verband gehou het met die moord op sy voormalige minnares se man. ‘n Nadoodse ondersoek het egter bevind hy was nie betrokke by die man se dood nie en die aanklagte van bedrog en korrupsie is ook laat vaar.

Hy is heraangestel, maar is weer in 2012 geskors, hangende ‘n hofaansoek van Freedom Under Law om die tersydestelling van die aanklagte teen hom te hersien.

Lees ook:
Mdluli weer onder vergrootglas
Mdluli-aansoek slaag
Mdluli weer in hof vir appèlaansoek
Nuuskommentaar: Murphy’s law vir Richard Mdluli
“Richard Mdluli moet teregstaan”
Mdluli: Nog ʼn spyker in die doodskis
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Hof beslis teen Mdluli
Mdluli hol na arbeidshof
Mdluli vir die tweede keer geskors
President ontken gerugte oor Mdluli-brief
Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum
Mdluli uit sy amp “geskuif”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.