Video: Alberton-ongeluk: Twee dood, 50 beseer; trokbestuurder blameer remme

alberton-ongeluk-n12

‘n Foto van die toneel. Die video volg onderaan die berig. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

Twee mense is dood en minstens 54 beseer nadat ʼn vragmotor Dinsdagoggend tydens spitsverkeer in verskeie voertuie op die N12-snelweg in Alberton, Johannesburg, ingeploeg het. Van die 54 beseerdes is sewe mense kritiek beseer en verskeie is met helikopters na nabygeleë hospitale geneem.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê 45 motors en twee vragmotors was in die botsing betrokke.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van ʼn vragmotor het glo beheer oor die swaarvoertuig verloor, waarna dit in die voertuie ingeploeg het. “Die bestuurder van die petroltenker het aan paramedici gesê die vragmotor se remme het onklaar geraak,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

Klik hier om foto’s van die Alberton-ongeluk te sien.

Die video is deur Jarrod Denwood Bezuidenhout op Facebook gelaai.

[wpvideo GU9tshoG]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik Oosthuyzen ·

Sjoe! Om in spitsverkeer volgens die video ongeveer 500m deur verkeer te ploeg is maar net weer toe te skryf aan SPOED. Wanneer gaan die bestuurders van sulke groot voertuie ooit besef wat spoed is? E die remme? Ek is jammer, as die vragmotor gereeld versien word sal die remme op so n plat oppervlakte nie n faktor wees nie! Terloops, die video toon aan dat dit nie die petroltenkwa (soos berig) was wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar n ander vragmotor.

Andries ·

En so gaan dit maar aan en aan, wag maar die volgende ongelik. Glad nie meer snaaks in die land.

Belinda ·

Ek stem saam met jou Hendrik…………….ek ry die N12 in die middae en my senuwees gedaan soos almal altyd jaag…………………..almal sal tot hulle bestemming kom maar is soos varke en druk oral in!

Marelize ·

Eerstens. My hart gaan uit aan al die familie en vriende van die betrokkende motoriste wat beseer is, kritiek beseer is, nie beseer is nie en ook die wat oorlede is. Gebed van vertroosting is groot. Alle sterkte. Dis baie tragies dat so iets gebeur het. Dalk n goeie “wake-up Call” vir motoriste wat net jaag en nie aan ander mense se lewens dink nie. Moedswillig of nie, spoed bly n krisis. Volgens die Video is dit n ander vragmotor wat die ongeluk veroorsaak het… Korrek berig??….. Ek stem saam oor die remme, indien dit gereeld nagesien word sal so iets nie gebeur nie, en dit op n gelyke pad… Maak nie lekker sin nie.

Annaliza ·

My hart gaan uit aan al die geliefdes wat direk benadeel is deur hierdie trauma. Mag julle vertroosting vind. Dit is altyd so hartseer dat ons mensdom se oë eers oopgaan en die les geleer word na so ‘n treurspel.

Petrus Swanepoel ·

Ons land se paaie word oorlaai met swaarvoertuie agv die swak bedryf van Spoornet, geen of min waens, spoorlyne in swak toestand, treine nie betroubaar. Wat doen ‘n steenkool voertuig op ‘n hoof weg?

Ons woon in die Laeveld en hier is die slagting net so erg, busse, Minibus Taxi’s en swaar voertuie wat jaag op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier en ongelukke wat baie lewens eis.

Die verkeersbeamptes wat padgebruikers aftrek wat by sperstrepe verbysteek (naby Elandshoek) aanvaar ‘n “Barrel KFC” as afkoopgeld. Laat die mense maar sterf, die KFC is baie lekker…..oops

JACOBUS ·

JAMMER .EK GAAN NOU SEKERE MENSE SE TONE TRAP
EK IS SELF N VRAGMOTER BESTUURDER EN SE DAT DIE EIENAAR OF AANDEEL HOUERS EN SELFS DIE WERKTUIG KUNDIGE OOK HUL VERANTWOORDELIKHUID MOET VAT.JA N DRYWER MOET SY VOERTUIG NAGAAN MAAR SOOS DIE VOERTUIG WAARMEE EK RY HET AL 650000KM OP EN IN N GOEIE TOESTANDMAAR ENIGE VOERTUIG OUD OF NUUT KAN ENIGE TYD N MEGANIESE FOUT OPDOEN MAAR IS MOORD DIE REGTE KEUSE VOORDAT N BEHOORLIKE ONDERSOEK GEDOEN IS.VERSTAAN MOOI .EK SE NIE DIE DRYWER IS ONSKULDAG NIE EN EK HET SIMPATIE MET AL DIE BETROKKE MENSE IN DIE BOTSING MAAR DINK NET…….JY IS OPPAD WERK TOE EN JOU VOERTUIG SE LIG BLAAS…..NOU IS HY ONPADWAARDAG….IS DIT REDE OM VIR MOORD AANGEKLA TE WORD AANGESIEN JY JOU VOERTUIG DEUR MOES GAAN VIR PADVAARDIGHEID VOOR JY RY?DIE VRAGMOTER SE REMME HET ONKLAAR GERAAK SE DIE DRYWER…………IS DIT ONDERSOEK ….IS DAAR REMMERKE OP DI PAD???????????GEEN PERSOON SAL 50 VOERTUIE UITHAAL AS HY DIT KAN VOORKOM NIE.GEEN DRYWER KLIM IN N TROK EN SE VANDAG GAAN EK MENSE DOODMAAK NI .IETS MOES VOUTGEGAAN HET.N DEEGLIKE ONDERSOEK MOET GELOOTS WORD MAAR ONS STAAT SAL DIT NI DOEN NI . ALMAL HET KLAAR DIE DRYWER GEFONNIS. NOG N PAAR PUNTE. DIE WERKTUIG KUNDIGE MOET OOK ONDERSOEK WORD EN DIE EIENAAR OF AANDEEL HOUERS MOET OOK HUL VERANTWOORDELIKHEID DRA AANGESIEN DIT NET GAAN OOR WINSTE .EK SELF RY TOT 16UUR OP N DAG EN WAAR IS DAAR TYD VIR ONDERHOUD?AS DIE VRAGMOTER STAAN BRING DIT NI GELD IN NIE.DIE EIENAAR SIT HHELDAG AGTER SY LESSENAAR EN WORRY OOR N PAPER CUT EN SIT 17H00 SY KANTOOR SE LIGTE AF EN GAAN HUIS TOE EN WIL HE DIE VRAG MOET MORE AFGELAAI WEES .N DAG HET NET 24 UUR.NIE N SAAK MET RUS VIR DIE DRYWER NIE.08H00 IN DIE OGGEND KAN N DRYWER AAN DIE SLAAP RAAK AGTER DIE STUURWIEL EN DAN WIL ALMAL WEET HOE GEBEUR DIT…..VRA DIE “PEN PUSHER” WAT 10MIN HUIS TOE RY EN VIR N TROK VOOR HOM KWAAD RAAK WANT DIE TROK MORS SY TYD….KLINK NOGAL BEKEND …………ELKE LIEWE DING WAT JY VERBRUIK KOM MET TROKKE WAAR JY DIT GEBRUIK VAN JOU PETROL TOT JOU KOS…HET JY AL OOIT VIR DAAI DRYWER DANKI GESE EN IN JOU BAAN LAAT INKOM AS DIT SO MOET GEBEUR OF VLOEK JY HOM NET. ELKE AAND SE EK DANKIE AAN ONS LIEWE VADER DAT SO IETS NIE MET MY OP ONS LAND SE SLEGTE PAAIE GEBEUR HET NI EN DAT EK VEILAG BY MY VROU EN 2 LIEFLIKE DOGTERTJIES KAN WEES,.MY INNAGSTE SIMPATIE MET ALMAL BETROKKE MAAR LAAT HUL EERS DIE BOTSING DEEGLIK ONDERSOEK VOOR JY JUDGE

Karin ·

Jacobus , ongelukkig is daar ouens op die pad wat nie kan dink nie. en ongelukkig het die ou al voorheen ‘n problem gehad . Daar is regtig onbevoegde drywers op ons paaie , ek voel dat die owerheid die trokdrywers en alle mense wat heeldag agter die stuur van voertuie moet getoets word elke jaar want daar is mense op die paaie wat net nie daar hoort nie. Die eienaars van trokke moet ook verantwoordelik gehou word en ook gestraf word …. maar soos ons ook weet werk die tipe dinge nie in ons land nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.