Video: DA kap ANC met nuwe TV-advertensie

mmusi maimane da anc advertensieDie video volg onderaan die berig.

Die Demokratiese Alliansie (DA) kap die ANC in ʼn nuwe advertensie as deel van hul verkiesingsveldtog.

Die omstrede advertensie, getiteld ANC Ayisafani, is op 8 April op YouTube gelaai en is reeds meer as 30 000 keer gekyk. ‘ANC Ayisafani’ beteken dat die ANC is nie meer is wat hy vroeër was nie.

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, verwys in die advertensie na die Nkandla-debakel, die polisie wat op inwoners skiet wat oor dienslewering betoog, en werkloosheid.

Die DA versoek kiesers om die party te help om korrupsie, e-tol en Nkandla te beveg. “Suid-Afrika het goeie leiers gehad wat die land bevorder het, maar sedert 2008 sien ons Jacob Zuma se ANC, en ʼn ANC wat korrup is en die land agteruit neem,” sê Maimane onder andere in die advertensie.

Die advertensie sluit af met: “Stem vir die DA. Saam vir verandering. Saam vir werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.