Video: Padwoede-voorval op kamera vasgelê

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Video van ‘n padwoede-voorval wat die naweek in Witkoppenweg in Fourways plaasgevind het, versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media.

Die video, wat deur ‘n ooggetuie geneem is, wys hoe ‘n man gewelddadig ‘n VW Polo skop. ‘n Porsche is langs die man geparkeer.

Die bestuurder van die Polo draai glo sy venster af waarna die man sy arms by die motor indruk.

Die bestuurder van die Polo, wat anoniem wil bly uit vrees vir viktimisering, het aan eNCA gesê die man het hom deur die gesig geslaan.

Hy sê hy het ‘n saak van aanranding by die polisie aanhangig gemaak.

“Ek het agter hom gery en hy het mense links en regs afgesny. Ek het nader gery om te probeer sien watter Porsche dit is toe die passasier ‘n blikkie by die ruit uitgegooi het.

Hy het nog ‘n blikkie uitgegooi en dit het my motor getref. Ek het die toeter gedruk, vir hom ‘n vinger gewys en vir hom gevra wat de hel dink hy doen hy.”

Die aanvaller het glo die Polo se sleutels uit die aansitter gehaal en in die veld langs die pad gegooi.

“Hy het my opsporingstelsel en kantspieëltjie beskadig. Dit het so vinnig gebeur dat ek nie eers kans gehad het om te dink nie.”

http://youtu.be/Qtz22qabFb8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

aloma ·

Ja mense met geld dink hulle is beter en het meer regte wat n verrassing wag op hulle as hul bewend voor GOD verskyn.

ELIZE ·

Mense wat nie hul emosies kan beteul nie, hoort in n inrigting!!!!!!!!!

Marcel ·

Miskien haal hy sy frustrasie uit op die man want hy het nie geld om al sy skuld te betaal nie. Bo Blink onder stink.

Marlene ·

Sulke mense dink niks kan met hulle gebeur nie. Hy het seker weer n paar drankies ingehad. Hoop hulle vat hom vas. Ek sien hier in KZN ook die mense met “SMART” karre jy moet vir hulle padgee want hulle dink hulle is beter as ander.

Karen Badenhorst ·

Sooo sooo sad dat selfs mense met baie geld nie altyd innerlike balans het nie! Geld bring nie vrede nie! Emosionele intelligensie is n vaardigheid wat aangeleer moet word!

Chanel ·

Weereens ‘n resultaat van ons omstandighede. Daar is net eenvoudig geen gevolge vir aksies nie. Daarom maak elkeen soos hy wil

Belinda ·

Ek ry n Porche en kan maak net wat ek wil……………………..weereens n bewys van geld kon nog nooit klas of styl koop nie!

Elizabeth ·

Absoluut onopgevoede reaksie! Ja, hy mag ‘n Porche ry maar maniere en selfbeheer het hy BESLIS nie. Moet nie NET van anranding aangekla word nie, maar ook beskadiging van eiendom, asook dat hy ander se veiligheid in gevaar gestel het deur sommer in die pad te stop en moenie vergeet dat hy hom ook skuldig gemaak het aan besoedeling deur sy vullis by sy kar uit te gooi nie. Ek hoop hy word van alles aangekla.Sies man, voel jy trots op jouself dat jy so uitgehaak het?

Marietjie ·

Ongelukkig is die eerste deel van my kommentaar in Engels, maar ek dink dis so raak: “Money talk and bull…..t walk”. Meeste van die bestuurders met dubbelkajuit bakkies of spoggerige motors dink mos die pad behoort aan hulle en hulle kan maak nes hulle wil. Taxi mentaliteit. Een ding is seker – Mnr. Die Porsche bestuurder – probeer maar jou hand by my venster insteek en my klap….pepersproei is jou voorland.

Peter Says ·

Ek moet bieg…ek voel ook soms lus om n paar taxis te paneel klop, maar my opvoeding oortuig my anders…hare op die tande is die antwoord.

Pieter Myburgh ·

Vrek hoekom soek hy nie n vulstasie en gooi die vullis daar in die asblik.Sies ne,mense met geld het hul maniere ook so partykeer verloor

Ronard Stevens ·

Mensies, ek het gehoor dat mans in die Skandanawiese land tot ‘n jaar by die huis vertoef, as sy vrou gekraam het, met volle salaris, eina…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.