Video van Potch-bakleiery van YouTube verwyder

Irini Agathagelou (21) ná sy geslaan is. Foto: Facebook

Irini Agathagelou (21) ná sy geslaan is. Foto: Facebook

Die video van ʼn student van Potch Akademie wat glo deur ʼn Ikeys-rugbyspeler ná die Varsitybeker in ʼn eetplek aangerand is, is Vrydag van YouTube verwyder.

Die video is aanvanklik deur The Citizen op YouTube gelaai nadat Irini Agathagelou (21) op Facebook beweer het dat sy ná die Varsitybeker-finaal in Potchefstroom in Noordwes aangerand is. Agathagelou beweer sy het die bakleiery probeer stopsit waarna sy met ʼn vuis deur die gesig geslaan is. Lees meer hier.

ʼn Woordvoerder van die Noordwes provinsiale polisie het Vrydag aan Maroela Media gesê hulle sal ondersoek instel of Agathagelou ʼn amptelike klag teen die man aanhangig gemaak het, wat daartoe sou lei dat die polisie versoek het dat die video afgehaal word sodat die bewerings verder ondersoek kan word. Die vermeende oortreder se identiteit is ook op die video sigbaar, en indien daar ʼn saak teen hom oopgemaak is, mag hy nie uitgeken word voordat hy amptelik aangekla en in die hof verskyn het nie.

Intussen het ʼn Maroela Media-leser laat weet dat hy in die eetplek was toe die voorval plaasgevind het. Johan Kellerman skryf dat die polisiebeampte wat op die video gesien kon word, pepersproei gebruik het om die oproering stop te sit. Kellerman het gesê Agathagelou het die man met haar hakskoen geslaan en dat hy haar moontlik uit selfverdediging teruggeslaan het.

Agathagelou kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Gerda Kruger, woordvoerder van die Universiteit van Kaapstad (Ikeys), gesê hulle is geskok deur die voorval, en bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

Intussen het ʼn ander YouTube verbruiker, Paul Makuta, weer die video op YouTube gelaai. Die video kan hier gesien word, maar Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir die plasing van dié video op sosiale media nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Carel ·

Ek het vanoggend die video gesien soos dit vir my lyk was die rugbyspeler besig om homself te probeer verdedig teen verskeie mense wat hom slaan – die dame het na hom geslaan en dit lyk of hy uit reflex terug geslaan het so dit is nie dat hy na haar gestap het en haar sommer net geslaan het nie..verstaan my mooi ek slaan nie aan vroue nie maar gaan kyk die video sy het na die ou geslaan met die vuis….

Shannon ·

Ek dink dis belaglik dat – in `n groot free for all waar almal met hammer en tongs in klim – dit nou juis so banaal is dat een “dame” se shiner die dweper koor tot hemele laat weergalm.

Veronica v Niewenhuizen ·

Ek dink dit vat BAIE van ‘n man om sy hand te lig vir ‘n vrou wat eerste slaan. Verstaan my mooi, ek keur dit nie goed nie, maar as sy haar soos ‘n mannetjie wou gedra, dan moet sy maar vat wat na haar kant toe kom. Dit is in elkgeval moeilikheid soek vir ‘n vrou om in te meng tussen ‘n spul mans wat aan die baklei is.

Grassie ·

Volgens die Bybel mag `n vrou net in een geval in `n bakleiery betrokke raak. Dit is wanneer haar man met `n ander man baklei. As haar man begin verloor mag sy inspring en hom help, maar daar is `n voorwaarde. Sy mag die ander man nie aan sy klokke gryp nie. As julle my nie glo nie, gaan lees Deutonomium 25 vers 11 en 12.

Ria Maritz ·

GRASSIE !!!!

Kon nou nie help om te lag – nou kan ek nie wag om by die huis te kom om die Bybel oop te slaan nie.

Cobus ·

Het jy ‘n Bybel? As jy het, lees jy jou Bybel? Iemand wat onskuldiges soos klein kindertjies ‘n grusame dood toewens in bus en motorongelukke! Of lees jy net jou Bybel waar seks en verwante sake neergepen is?
Is jy nie maar ‘n wit gepleisterde graf waarteen Jesus ons gewaarsku het nie?

Johann ·

Het jy ‘n Bybel Ria? As jy het, lees jy jou Bybel? Iemand wat onskuldiges soos klein kindertjies ‘n grusame dood toewens in bus en motorongelukke! Of lees jy net jou Bybel waar seks en verwante sake neergepen is?

Is jy nie maar net ‘n wit gepleisterde graf waarteen Jesus ons gewaarsku het nie?

Wat is jou antwoord hierop?

Grassie ·

JOHANN Ek sien in die vorige berig oor dieselfde onderwerp skryf jy dat die man daardie vrou “meer moes gewerk” het. By hierdie berig raak jy erg en onsmaaklik beledigend teenoor nog `n vrou, nl Ria. Sies man. Het jou ma jou nie geleer om vrouens te respekteer nie? Of voel jy minderwaardig teenoor hulle? Ek hoop Maroela sien dit raak en haal jou kommentare af.

Grassie ·

Johann – wie is jy nou eintlik – miskien Jocobus of Cohannes -verkleurmannetjie!!! Ek het in die verlede al opgemerk dat jy knaend onder die naam Cobus vir Ria aanval wanneer sy kommentaar lewer oor enigiets, sonder enige grondige rede. Die Engelse noem dit “stalking”. Dit is `n lelike gewoonte. Kom reg ou – ons ander manne skaam ons vir jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.