Vingers word gewys oor kernooreenkoms

Foto: cafe-russia.com

Foto: cafe-russia.com

Bykans 24 uur na ’n gesamentlike verklaring van Suid-Afrika en die Russiese maatskappy Rosatom uitgereik is waaruit die internasionale nuusagentskappe afgelei het dat ‘n ooreenkoms gesluit is vir die bou van kernreaktors in Suid-Afrika, het die Suid-Afrikaanse regering Rosatom beskuldig van die “voortydige bekendmaking” van die nuus.

Inderwaarheid is glo nog net ’n wydlopende ooreenkoms oor kernsamewerking gesluit wat die moontlikheid inhou dat Rusland ook die kernreaktore sal bou.

Die Burger, in ’n hoofartikel, maak dit egter duidelik dat die gesamentlike verklaring, wat ook in die naam van minister Tina Joemat-Pettersson uitgereik is, te kenne gee dat die transaksie ’n voldonge feit is.

Die verslagdoening van die Russiese agentskap, RiaNovosti, blyk ook onberispelik te wees. Hierin word dit duidelik gestel dat ’n ooreenkoms in kernsamewerking gesluit is. Oor die kernreaktore skryf die agentskap: “Russia and South Africa have signed an intergovernmental agreement for a strategic partnership in the nuclear energy sector opening the possibility of the construction of nuclear reactors in South Africa with the use of Russian technologies, state nuclear corporation Rosatom said Monday.

Rosatom het dus duidelik na die kernreaktore verwys as ’n “moontikheid” en nie ’n voldonge feit nie.

‘n Verklaring deur Suid-Afrika se departement van energie se verklaring (wat hier afgelaai is), bied die nuus inderdaad aan asof dit ’n voldonge feit is: “The Agreement lays the foundation for the large-scale nuclear power plants (NPP) procurement and development programme of South Africa based on the construction in RSA of new nuclear power plants with Russian VVER reactors with total installed capacity of up to 9,6 GW (up to 8 NPP units). These will be the first NPPs based on the Russian technology to be built on the African continent. The signed Agreement, besides the actual joint construction of NPPs, provides for comprehensive collaboration in other areas of the nuclear power industry, including construction of a Russian-technology based multipurpose research reactor, assistance in the development of South-African nuclear infrastructure, education of South African nuclear specialists in Russian universities and other areas.

Die gedeelte, “The signed Agreement, besides the actual joint construction of NPPs, provides for comprehensive collaboration in other areas of the nuclear power industry,” laat geen ruimte vir ’n ander vertolking as dat ooreengekom is dat Rusland die kernreaktore sal bou nie.

Rosatom, Rusland, of die media kan dus nie verkwalik word vir ’n “voortydige” gevolgtrekking nie. Die vinger wys regstreeks terug na die minister en haar personeel.

Lees ook:
“Nog geen kernkrag-kontrak nie”
Nuuskommentaar: Russiese kernreaktors: Hier is die KERN van die probleem
SA sluit ooreenkoms met Rusland vir kernreaktors

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

So hoe weet ons as Tuitbek Tina lieg, as sy haar mond oopmaak om te praat.

Jakoos ·

As ek so deur die webblaaie kyk, lyk dit of Herman en Maroela die enigste is wat die saak in die regte perspektief gestel het deur uit te wys dat die Russe se verklaring duidelik praat van ‘n samdewerkingsooreenkoms en net “moontlike” bou van reaktors.

Julle kry ‘n punt of twee daarvoor.

Johan ·

Iemand het heel aan die begin toe hierdie nuus gebreek het gese TJM is deur die Prez gestuur om te teken sodat sy die een is wat op haar swaard moet val as dit flop. Lyk my die swaard is al klaar uit sy skede en Jakop lag alweer lekker vir almal – hy mag nie sterk formele opleiding he nie, maar uitgeslape is hy gewis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.