Vodacom gee glo kliënte se inligting uit

Argieffoto

Argieffoto

Vodacom het glo van sy kliënte se telefoonnommers aan sakeondernemings en bemarkingsmaatskappye verskaf, het The Times Donderdag berig.

Die maatskappy het glo Woensdag bevestig dat van sy 32,5 miljoen plaaslike intekenare en 27 miljoen internasionale intekenare se persoonlike inligting aan ander sakeondernemings verskaf is.

Die koerant berig dat Vodacom ʼn dringende ondersoek oor die kwessie van stapel gestuur het.

Richard Boorman, ʼn woordvoerder van Vodacom, het gesê die maatskappy maak gebruik van “header enrichment” vir sekere derdepartydienste.  Dit is wanneer persoonlike inligting na ʼn webwerf oorgedra word wanneer ʼn gebruiker die webwerf deur ʼn selfoon besoek.

“Ons gebruik dit slegs vir sekere Vodacom en betroubare derdepartydienste soos charge-to-bill (ʼn betaaldiens),” het hy gesê. “Ons wil ons klante verseker dat hul inligting nie gereeld of met alle webwerwe gedeel word nie.”

Boorman het glo geweier om bekend te maak hoeveel Vodacom betaal word om die inligting te verskaf, of toestemming van sy intekenaars bekom is, en wie die derdepartye is.

“Ons het laat Woensdagmiddag eers van die kwessie bewus geword. Ek sal in ʼn beter posisie wees om kommentaar hieroor te lewer sodra die ondersoek afgehandel is,” het hy aan die koerant gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

scalla ·

Indien hul nie die klient se skriftelike magtiging het nie gaan hul groot probleme kry!!!!

Dave ·

Ek het vir my kantoor ‘n nuwe epoas-adres geskep via Mweb is die volgende dag gespam.

Pieter ·

DIT IS ABSOLUTE SNERT WAT DIE WOORDVOERDER SE,DAAR HET MENSE MY AL GEBEL EN DAN HET EK GEWONDER WAAR KRY DIE KLOMP MY NR. VODACOM MOET LIEWER WAKKER WORD

Jannie ·

Ek kry ook baie oproepe van bemakelaars waarvoor ek nie gevra het nie. Hulle het nie die reg om my nommer uit te gee nie.

Nina ·

Maroela, ek het kommentaar gelwer voor daar enige was, en dis weereens nie hier nie? ‘confused’. Dit gebeur gereeld….:/

Gaan maar weer probeer: Dis hoekom mens dag en nag allerhande smsse en e-posse ontvang ivm lewenspolisse, assuransie en wat nog, terwyl jy glad nie daarvoor gevra het nie! VODACOM, nie net STINK jul diens nie, maar dis ook TEEN DIE WET om my privaat info sonder toestemming aan ENIGE te gee! Magtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.