Vrou sê glo dit was haar man voor sy sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die vrou wat ongeveer 50 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is en by ‘n kantoorpark in Bryanston, Johannesburg vir dood agtergelaat is, het glo kort voor haar dood gesê dit was haar man wat haar aangeval het.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, glo in haar laat 30’s, is intussen nog nie geïdentifiseer nie.

Mofokeng sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

Die vrou is omstreeks 17:00 Saterdagmiddag gevind nadat ‘n vrou en haar kind verby ‘n kantoorpark gery het en die vrou by die ingang sien lê het.

Die motoris het die nooddienste ontbied en paramedici was binne enkele minute op die toneel

“Die beseerde vrou het skaars reageer en het gesukkel om asem te haal. Hulle het haar dadelik met ʼn ambulans na die MediClinic Sandton geneem vir verdere behandeling,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, Sondag gesê.

Die vrou is later by die hospitaal dood verklaar.

Beeld het Maandag berig dat die oorledene aan die motoris gesê het dat dit haar man was wat haar met die skerp voorwerp gesteek het.

Lees ook:
Vrou sterf ná 50 steekwonde

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Canned Phantom ·

50 Steekwonde. Daar was BAIE haat. Kom ons kyk hoe ontvou hierdie storie. Ek is jammer vir die naasbestaandes.

veronica ·

Dit sal baie help as die media toegelaat word om te sê of dit ‘n blanke of nie-blanke dame is!!??

Paplepel ·

Hulle mag ras sê, maar hulle sal dit net doen as daar sensasie by is, of as dit wit op swart geweld is. Nooit andersins nie. Ons het mos ook nou al mooi geleer, as ras nie genoem word nie is dit swart.

Sune van Heerden ·

Dagsê Veronica en Paplepel

Ons maak alle name van slagoffers en verdagtes bekend indien die polisie of familie dit aan ons beskikbaar stel. Indien die name nie in ‘n berig bekend gemaak word nie, is dit omdat die name óf nog nie bekend gemaak is nie (byvoorbeeld wanneer die naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie) óf wanneer die name om wettige redes (bv. privaatheidsredes in ‘n verkragtingsaak; die persoon is minderjarig; die persoon het nog nie in die hof gepleit nie; ens.) nie bekend gemaak mag word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

lorayne ·

Dankie Sunè. Hierdie berig gaan beslis nie vir my oor kleur nie . . . Verdien ENIGIEMAND om so wreed te sterf? DIT, is dalk waarna ons in dankbaarheid moet kyk, en bid dat dit nie ons, of ons geliefdes oorkom nie!

Paplepel ·

Dankie Suné, Ek aanvaar dit wat jy sê en dit maak julle (Maroela Media) die uitsondering. Die teenoorgestelde is beslis waar vir die gedrukte koerante. Dis nogtans hartseer om die goed te lees, ongeag die kleur.

Pietsnot ·

Kleur is nou rêrig, rêrig irrelevant in dié geval. Dit gaan oor menslike tragedie.
So kom ons los die kleur-ding.

wtf ·

Veronica, wat maak dit saak? Is iets vir jou minder tragies as jy weet dit was n swart vrou? En die berig oor die seuntjie wat saam met die kar gesleep was? Wou jy toe ook eers weet wit of swart? Want sonder dat ek geweet het het ek my oe uit my kop uitgehuil. Ek skaam my vir jou! Die Here wat ek dien sien nie kleur nie! Dit belowe ek jou! Wat hy wel sien is wat in jou hart aangaan.

Isabelle Bester ·

Nou wat het kleur te doen met die hele saak??? Goeie tyd mense kan darem dof wees. Net om jou vraag te beantwoord. Die van Pillay behoort al vir jou te se dit is n Indier vrou. Maak nie saak nie dit is verskriklik tragies.

Dave ·

Pietsnot, jy praat bloot snot. Die ‘kleurding’ kan nie agterweë gelaat word nie want iemand moet geïdentifiseer word. Ras en gelaatskleur is nogal uiters belangrik by identifikasie, weet jy. Veronica se stelling is natuurlik in die kol en so ook Sunè se gewaardeerde verduideliking.

Leeutjie ·

Dave. Ek het nogal verstaan wat Pietsnot gese het. ‘n Goeie stelling Pietsnot. Nie almal lees altyd ‘n mens se opinie in die regte konteks nie!

Gideon Erasmus ·

Ongelukkig speel kleur ‘n rol, hoe dan anders, ons is dan geleer ons is die reënboog nasie. Om dalk net te noem dit is ‘n vrou met kort donker hare met pruik en donker oë, of dit is ‘n vrou met bruin hare en blou oë dan sal dit help om die naasbestaandes op te spoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.