Vyfde liggaam gevind na bakkie in dam beland

CaptureDie liggaam van ‘n vyfde kind is in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gevind nadat ‘n bakkie wat skoolkinders vervoer het vroeër vandag in die dam beland het.

“Die liggaam van ‘n vyfde kind is uit die slyk in die dam verwyder,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. Die liggame van vier ander kinders is vroeër vanoggend kort na die ongeluk uit die dam gehaal. Die slagoffers is almal tussen sewe en 15 jaar oud.

McKenzie sê nooddienspersoneel moes die dam dreineer om die vyfde liggaam en bakkie op te spoor. “Dit is steeds nie bekend hoeveel kinders in die bakkie was nie. Die soektog duur voort aangesien daar ouers is wat hul kinders as vermis aangegee het.”

Minstens 25 kinders wat op die bakkie vervoer is, is na die Greytown-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het vroeër vandag aan Maroela Media bevestig dat die bestuurder van die bakkie in hegtenis geneem is en dat hy binnekort in die hof sal verskyn.

Lees ook:
Bestuurder vas wat 30 kinders vervoer
Skoolkinders dood, een vermis, ná bakkie in dam beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.