‘Zuma nie betrokke by Motsoeneng-aanstelling nie’

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Die presidensie sê president Jacob Zuma het geen aandeel in die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, gehad nie.

“Die president het geen rol om te speel in die aanstelling van bestuur of personeel by die SAUK nie en het geen aandeel in die genoemde aanstelling gehad nie,” het die presidensie in ‘n verklaring gesê. “Berigte wat die teendeel beweer is onakkuraat en jammer.”

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat Zuma ten gunste was van Motsoeneng vir die posisie. Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Dinsdag Motsoeneng se permanente aanstelling aangekondig.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het in Februarie ‘n verslag uitgereik waarin sy onder meer bevind het dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was, dat hy in een jaar ‘n salarisverhoging van R1,5 miljoen tot R2,4 miljoen gekry het en dat hy gelieg het oor sy kwalifikasies.

Madonsela het Vrydag aangekondig dat sy ‘n nuwe ondersoek van stapel gaan stuur rakende Motsoeneng se permanente aanstelling.

Lees ook:
OB gaan Motsoeneng-aanstelling ondersoek
Motsoeneng gaan minister vra oor lisensies vir joernaliste
‘OB-verslag hou nie verband met Motsoeneng-aanstelling’
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Motsoeneng soek lisensies vir joernaliste
Joernaliste geskok oor vreemde mediakonferensie
Ondersoek ingestel na SAUK-hoof vrou as geskenk ontvang
SAUK-hoof kry vrou as geskenk
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.