Zuma-uitjouery wêreldnuus

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Die uitjouery wat pres. Jacob Zuma Dinsdag tydens die begrafnisdiens van oud-pres. Nelson Mandela in die ENB-stadion in Soweto te beurt geval het, was binne minute wêreldnuus.

Binne sowat twee uur het Google reeds bykans 5 miljoen trefslae hieroor geregistreer.

Die eerste vlaag nuus hieroor het die wêreld getref toe Zuma se gesig aanvanklik op die groot skerm verskyn, en ‘n deel van die skare hom luidkeels begin uitjou het. Van hulle het ook met die hande die rolbeweging gemaak soos wanneer ‘n sokkerspeler tydens spel vervang word. Klik hier om meer te lees.

Die Britse Daily Telegraph, wat die verrigtinge deurgaans op sy webblad byhou, was een van die buitelandse media wat vroeg reeds hieroor ‘n verslag die wêreld ingestuur het.

Die Nederlandse Trouw het gou berig dat tientalle wêreldleiers die ooggetuies was van hoe Zuma uitgejou is. Trouw berig voorts dat Zuma omstrede is oor inligting oor skandale waarby hy betrek word.

Die meeste publikasies meld dat terwyl Zuma uitgejou is, oud-pres. Thabo Mbeki toegejuig is.

Talle publikasies het ‘n skakel waarop die verrigtinge regstreeks in beeld gevolg kan word. Miljoene mense oor die wêreld was vermoedelik ooggetuies van Zuma se vernedering.

Volg die diens regstreeks:

http://www.youtube.com/watch?v=dbIhuEyo0sI&feature=share

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cyberjerk Ingram ·

Zuma is met ‘n oorweldigende meerderheid by Mangaung herverkies. Hy is die sleutel tot groot rykdom vir menige ANC-kader. Of die rykdom kom uit bedrog, korrupsie of blatante diefstal maak nie saak nie. Alles sonder enige nadelige nagevolge. Die hele organisasie is korrup tot op die been en van nul-en-gener waarde tov die Afrikanervolk nie.

“meer as R28 miljard onregmatig bestee hierdie jaar”…………maar bykans ‘n R1000 miljard is sedert 1994 onregmatig bestee, gekorrupteer of blatant gesteel . En Tim du Plessis hoof van Afrikaanse koerante sê dis net die ore van die seekoei.

Bismarck ·

Soos die Engelse gesegde lui: “What comes around goes around…”
Mbeki moes soortgelyke geluide destyds in Polokwane/Pietersburg trotseer.
Is hoe dit is.

Willie ·

The people will govern …….. Aan jou dade word jy geken en geweeg en as jy slim en waardig genoeg is sal jy jou daardeur laat lei, al moet jy ook uit die openbare oog verdwyn
As ons nog hoop gehad het om respek buite ons landsgrense af te dwing , is daardie hoop sedert 2012 net ‘n skim op die verre horison

AmY ·

Ja, maar die gaan niks verander nie. Die onderleier van die ANC is luidkeels toeejuig, wat beteken hulle gaan tog nog ANC stem.

Adele ·

Ek sien my vorige post was afgehaal… ek probeer dan maar my gesensorde weergawe…..

Dit was n verkeerde tyd en verkeerde plek om dit te doen. Ek kry skaam vir die swak gedrag wat ons mede landsburgers getoon het… nie net die uitgejouery nie, maar ook die disrespek wat getoon was teenoor sprekers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.