Sussie sterf in sy arms

Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet. Lees meer hier.

Marthella Steenkamp

Don Steenkamp (15) se 14-jarige sussie, Marthella, het in sy arms gesterf nadat hy Vrydag op haar en sy ouers afgekom het nadat hul op die plaas Naauwhoek buite Griekwastad in die Noord-Kaap geskiet is.

OFM berig dat Henriëtte Truter haar oor Don ontferm het nadat hy Vrydag net na 18:00 by die dorp se polisiestasie aangekom het om die moord op sy ouers, Deon en Christelle, en sy sussie aan te meld. Truter sê Don was totaal gebroke en dat daar nog van sy sussie se bloed aan sy bene was. Don het aan Truter gesê dat Marthella in sy arms dood is. Volgens die radiostasie het Don gister na ure se ondervraging met rooigehuilde oë uit die polisiekantoor gestap en is hy buite deur familie en vriende omhels. Don is glo hierna terug na die moordtoneel geneem om die polisie te help vasstel of enige iets uit die huis gesteel is. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Hendrik Swart, het aan OFM gesê die ondersoek is tans van so ‘n aard dat hulle nou hoofsaaklik konsentreer op forensiese inligting wat nagegaan word.

Lees meer hier.

Don saam met sy pa, Deon.

Christelle Steenkamp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.