Te min ambulanse in Wes-Rand

Argieffoto

Die distriksmunisipaliteit in die Wes-Rand, Gauteng, het glo nie genoeg ambulanse om sy inwoners te diens nie, het die DA Woensdag aangevoer.

“Die Wes-Rand-distrik het slegs een ambulans in plaas van die vereiste 11 ambulanse om die nagenoeg 300 000 inwoners in Mogale City te diens,” het Jack Bloom, woordvoerder vir die DA, gesê.

Die departement van gesondheid moet glo dringend meer ambulanse aan dié deel voorsien.

Simon Zwane, woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie en die munisipaliteit kon ook nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.