Teazers-moord: George Louca kry geldsake in plek

George Louca Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

George Louca Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof. Foto: Werner Beukes / SAPA

George Louca, die man wat verdink word van die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, het Dinsdag vlugtig in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 7 Maart uitgestel sodat Louca sy finansies in plek kan kry. Hy bly in die polisie se aanhouding tot dan.

Louca het op 10 Februarie in dieselfde hof verskyn waarna die saak tot 18 Februarie uitgestel is om Louca die geleentheid te gun om ʼn prokureur aan te stel. Hy word ook van geldwassery aangekla.

Staatsaanklaer JJ du Toit het tydens Louca se eerste hofverskyning gesê Louca, wat die alias George Smith gebruik het, is vermoedelik betrokke by vier kriminele sake by verskillende howe.

Louca is op 9 Februarie na Suid-Afrika gebring nadat sy finale verlof om appèl teen sy uitlewering in die appèlhof van Ciprus van die hand gewys is. Louca het verskeie pogings aangewend om sy uitlewering te verhoed.

Louca het uit Suid-Afrika gevlug nadat Jackson op 3 Mei 2010 by sy huis in Edenglen in die Oos-Rand vermoor is. Die Valke was sedertdien op sy spoor in verband met die moord. Hy het glo kort na die moord vir Joey Mabasa, hoof van misdaadintelligensie in Gauteng, gebel en daaroor gebieg. – SAPA

Lees ook:
Teazers-baas se moordverdagte weer in hof
Teazers-baas se moordverdagte in hof
George Louca uitgelewer aan SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.