Telkomhoof bedank

Nombulelo “Pinky” Moholi

Nombulelo “Pinky” Moholi, Telkom se uitvoerende hoof, het aangekondig dat sy gaan bedank.

“Moholi het die maatskappy in kennis gestel dat sy gaan bedank voor haar kontrakperiode verstrek. Sy het haar vereiste sesmaande-kennis aan die raad in dié verband gegee,” het Telkom in ʼn verklaring gesê.

“Ons wil beklemtoon dat Moholi se bedanking nie ʼn invloed op operasionele prosedures en dienste sal hê nie,” het Telkom gesê.

Volgens die verklaring het Neo Phakama Dongwana, ʼn direkteur op die raad, ook bedank.

“Sodra die huidige vakante poste in die raad gevul is, sal die raad besluit wie die volgende uitvoerende hoof is,” het Telkom bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.