Tiener erken moord was ‘sataniese ritueel’

hofhamertjie-2-320x264ʼn 15-jarige meisie van Johannesburg het erken dat sy haar 14-jarige vriendin vermoor het as deel van ʼn sataniese ritueel, berig eNews Channel Africa (eNCA).

Die meisie het aan die Palm Ridge-landdroshof vertel dat sy haar vriendin doodgemaak het ten einde op te beweeg in ʼn sataniese kultus in Randfontein. Sy het getuig dat die oorledene, Keamogetswe Sefularo, ʼn bedreiging vir die kultus ingehou het aangesien sy van die lede en hul praktyke geken het. Sy sê die praktyke sluit onder meer besoeke aan begraafplase in en vir lede om hulself te sny en mekaar se bloed te drink. Sefularo is in Maart vanjaar vermoor. Sy het steekwonde aan haar bors, nek en maag gehad. Sy het steeds geleef toe sy in ʼn veld in Mohlakeng naby Randfontein gevind is. Sy het kort hierna aan haar beserings beswyk. Sefularo was op pad huis toe van die skool af toe sy aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vas Vat ·

n Barbaar sal altyd n verskoning soek vir haar/sy barbaarse optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.